Raak knus vir die winter wat voorlê met Lapa Uitgewers se warm weggeeboeke:
![]() |
'n Brei-avontuur Kreatiewe en unieke breipatrone vir oud en jonk om die Winter te trotseer. Die moderne aanslag en interessante inligting oor breidraadvervaardigers maak 'n Brei-avontuur 'n moet vir enige brei-entoesias. |
![]() |
Die Midasmoorde Pieter Aspe Brugge word deur ’n reeks skynbaar losstaande misdade geteister... Tussen die persoonlike besittings van ’n vermoorde Duitse sakeman word ’n vreemde foto van die madonnabeeld van Michelangelo gevind. ’n Bom verniel ’n rukkie later die standbeeld van die digter Guido Gezelle. |
![]() |
Lentelied Lentelied is 'n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses. Vrydagmeisie Platsak land Chiara, enigste kind van 'n stinkryk pa, op 'n Klein-Karoo-wildreservaat. Self aangestel en incognito. Want sy moet dringend geld verdien. Die eienaar van die wildplaas is Darian O'Connor, haar amperverloofde se stiefouboet. Patriarg van die familie. Die een wat se spring en almal vra hoe hoog. Wederomliefde Sianka het skaars haar voete op Bosbaai gesit, of haar lewe word op sy kop gekeer. Nie net die ingewikkelde familievete nie, maar veral Hugo Durandt kalwe aan haar netjies beplande bestaan. Alles wat sy tot dusver geglo het, tuimel ineen. Gou besef sy sy's lankal nie meer in beheer nie. |
![]() |
No More Kisses for Bernard Bernard loves is aunts, but he hates being kissed by them. It's time to take a stand. No more kissing! says Bernard, and he means it. How Bernard's aunts come up with the perfect way to show their affection is comically and warmly told in this brilliant picture book by a master of the genre. Praise for Niki Daly: Wonderfully expressive illustrations! Books for Keeps. |
Stuur 'n e-pos aan wen@litnet.co.za met "Lapa-weggee" as die titel van jou e-pos. Onthou om jou kontakbesonderhede en posadres in te sluit! Die sluitingsdatum is 10 Mei 2012.
Wenner: Amanda Claassens





