Wen met jou geheuekiekies

  • 0

Volgens Johann P Boshoff is dit nou die tyd vir nostalgie, en daarom het ons besluit om die jaar met 'n nostalgie-kompetisie af te skop.

Jou inskrywing kan enige vorm aanneem. ’n Skets – humoristies al dan nie – soos Jap Rap se uitstekende geheuekiekies tot dusver, of ’n foto van ’n spesiale oomblik soos dié van Johann P Boshoff. Bekendes of familie. Gister of uit die jare dertig. ’n Familiebraai of ’n wêreldgebeurtenis. ’n Foto van jouself, of wie of wat ook al. Solank dit iets is wat nog vir jare ’n spesiale oomblik in jou herinneringe sal wees.

Soek jy inspirasie? Gaan loer hier.
Dear Photograph
"Kiekies 4,5 en 6" deur Jan Rap

Die sluitingsdatum is 31 Januarie en 'n onafhanklike beoordelaar sal die wenner kies.

Wat kan jy wen? The Practical Illustrated Encyclopedia of Digital Photography: A Step-by-step Guide to Taking Great Photographs deur Steve Luck, geskenk deur Exclusive Books.

Moenie net deelneem vir die lekker prys nie – neem deel vir die lekkerte daarvan! Stuur jou bydrae aan webvoet@litnet.co.za.

Twitter: Gebruik die hutsteken #geheuekiekie en twiet jou foto/geheuekiekie by @mylitnet.

 

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top