PEN Afrikaans: Jaarvergadering 2013

  • 0

Ons het tydens ons byeenkoms op Stellenbosch gedurende die Woordfees melding gemaak van die moontlikheid om ons eerste behoorlike algemene jaarvergadering tydens Aardklop te hou. Die gedagte het aanklank gevind, en dis met groot afwagting dat ek jou hiermee uitnooi om saam te kom geskiedenis maak op 24 September 2013.

Die vergadering word gehou in lokaal G01 (Frans du Toit-gebou, E9 op die NWU-kampus) en ons begin om 14:00.

Ons verwag dat die vergadering sowat twee uur sal duur, en daarna sal daar ruim tyd en behoefte wees vir gesellige samesyn.

Ons sal by die geleentheid rapporteer oor die vordering met registrasie, die verkryging van befondsing, asook enkele huishoudelike sake. Ons nooi enige belangstellendes wat agendapunte wil bydra, om dit so spoedig moontlik te besorg aan my by penafrikaans@gmail.com.

Om die reëlings te vergemaklik, sal ek bly wees as jy net vir Amanda Lourens by alourens@sun.ac.za kan laat weet of jy die vergadering sal kan bywoon.

Skrywersgroete

Sonja Loots
Voorsitter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top