Oumatjie

  • 2

Ek onthou my mense. Ek onthou my ma. My pa. My ouma het sewe en negentig jaar gelewe. Die lig, soos die beweging van ’n skugter diertjie, wat sag-wit flikker in die woude van Oumatjie se oë; misvertroebelde irisse wat die kleinkind uit die ruie bos wil kerf, daar waar hy verstrengel sit op die rand van die bed, elke gram van hom in ’n stryd teen trane wat binnetoe stort, asseblief tog, binnetoe, eerder binnetoe. Ouma se oë soos pitte in die pruime van myne, Ouma se bergwater-oë wat kyk uit my giet sodat ons mekaar kan indrink, van binne na buite, binnestebuite – ek en Ma in die kamer by Oumatjie, soos baboesjka-poppies uitmekaargehaal. Gebind aan die punt.  Myne uit joune. Oumatjie wat nie meer kan sien nie en dwarsdeur my kyk tot die tere seer en my lees met haar gefrommelde papierhandjies, my vasdruk in haar bors – lammetjie net betyds tuis voor donker. 

Lees ’n onderhoud met Donovan Greeff hier.

  • 2

Kommentaar

  • Dis sooo mooi;  dit verwoord elke gevoel en gedagte wat ek tans koester oor my ma.  Dankie!!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top