Nuwe Stories-onderhoud: Willim Welsyn

  • 0

1. Wie is Willim Welsyn?

Willim Welsyn is snags die sanger en kitaarspeler van die berugte Afrikaanse rockgroep Willim Welsyn en die Sunrise Toffies en bedags werk hy as rubriekskrywer, fotograaf, verslaggewer en junior aanlyn-redigeerder by Rolling Stone South Africa.

2. Beskryf jou reis tot by Nuwe Stories met vyf kort stoppe langs die pad.

Stap 1: Sien die inskrywingsblad van Nuwe Stories op die web.
Stap 2:  Soek deur my argief van kortverhale en kry die mees onlangse ene met die titel “Agter die Tennishuisie”.
Stap 3: Herskryf en redigeer my verhaal. Pos my inskrywing.
Stap 4: Woon ’n werkswinkel by om my verhaal verder te redigeer.
Stap 5: Wag vir die boek-lonsj-uitnodiging.

3. Sonder om te veel te verklap, vertel vir ons lesers so ’n ietsie oor jou verhaal wat in Nuwe Stories opgeneem is.

Dis ’n kort episode uit ’n plattelandse tienerseun se skoolloopbaan wat handel oor seks, grootword en morele besluitneming.

4. Ek gaan aanneem jy is ’n leser. Wie is die skrywers wie se werk jy die graagste lees, en waarom hou jy van hulle werk?

My gunsteling Afrikaanse skrywer is Kleinboer, want hy vertel dit soos dit is. My gunsteling Engelse skrywer is Chuck Palahniuk, want hy is ’n towerwoorder.

5. Het jy ’n gunsteling-storie? (Dit kan ’n boek wees, of ’n spesifieke kortverhaal, of enigiets anders wat storiematig is.)

Die storie van die Suid-Afrikaanse rap-groep Die Antwoord se rise to fame is deesdae my gunsteling. En Keith Richards van Rolling Stones se outobiografie, Life.

6. Het jy ’n vyfjaarplan vir jou loopbaan as skrywer?

Ja, om soveel moontlik te skryf en te publiseer.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top