Petrus: Die eerste keurverslag deur Suzette Kotzé-Myburgh
Jy het hier ’n interessante verhaal beet. Die tema van die oerverraaier Petrus word wonderlik subtiel deurgevoer – welgedaan. ’n Sterk punt van jou skryfwerk is die baie natuurlike vertellerstem. Maar terselfdertyd is dit ook ’n probleem: jy formuleer soms te lomp en/of omslagtig. In gesproke taal kom ’n mens weg daarmee, in skryftaal nie. Veral in ’n kortverhaal, waar elke woord tel. Gevolglik is die grootste veranderinge wat ek gemaak het herformulering. Let ook op die gevalle waar te veel “telling” (pleks van “showing”) die verhaal bederf. En dan die kwistige gebruik van byvoeglike naamwoorde en bywoorde – in Afrikaans raak dit maklik te té. Laastens iets oor paragrawe: hoe langer ’n paragraaf is, hoe moeiliker maak jy dit vir die leser. Anders gestel, ’n nuwe paragraaf op die regte plek is ’n courtesy teenoor die leser – dit vergemalik die leesproses.
Wat die res betref: ’n geslaagde verhaal.
Klik hier vir nog terugvoer in PDF-formaat.
Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter