Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Behoede my"

  • 0

Behoede my: Die eerste keurverslag deur Suzette Kotzé-Myburgh

 


Hierdie storie het my groot plesier verskaf, die humor is wonderlik. Jy het ’n sterk en selfversekerde vertellerstem en ’n besonder beeldende skryfstyl. Jy maak ook uitstekend gebruik van die uitsteltegniek: die leser lees ’n hele storie oor die lewe van ’n Engels-onderwyser in Korea voordat die punt waarmee die storie begin het weer opgetel word – dit noem ek goeie skrywersinstink.

As ek een aanbeveling kan gee waar jy kan verbeter: onnodige beskrywende woorde (byvoeglike naamwoorde en bywoorde). Anders as in Engels is Afrikaans ’n taal waar beskrywende woorde gou te veel raak – dit laat jou skryfwerk oordoen (trying too hard) voorkom. Anders gestel: Afrikaans werk die beste as dit padlangs gebruik word, sonder te veel versierings of tierlantyntjies (of verkleinwoordjies, maar dis nie een van jou sondes nie).

 

Klik hier vir nog terugvoer in PDF-formaat.


 

Lees die kortverhaal "Behoede my"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top