Lewer kommentaar op LitNet en wen boeke!

  • 1

Lewer kommentaar op LitNet en wen boeke! Jy hoef nie in te teken om kommentaar te lewer nie.

Lewer kommentaar onder aan enige LitNet-item vanaf 27 Maart 2013 tot 2 April 2013 en jou kommentaar kan kwalifiseer vir 'n weeklikse trekking. Kommentare word gemonitor.

Die kommentaar wat gedurende hierdie tydperk getrek word, ontvang Francois Bloemhof se Hospitaaltyd en Brand Pretorius se Aan die stuur met komplimente van Human & Rousseau en Tafelberg-Uitgewers.

Titel: Hospitaaltyd
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798157643

Klik hier om die boek by kalahari.com te koop.

   

Titel: Aan die stuur
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624056652

Klik hier om die boek by kalahari.com te koop.

   

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

  

  • 1

Kommentaar

  • Elke week lees en LitNet. Elke week word ek verras met stories wat ek wil lees, boeke wat ek wil aanskaf of sosiale kommentaar waarop ek wil reageer. Vir die gewone leser en iemand wat nou en dan nog 'n brief of reisstorie probeer skryf is dit goed om te sien dat nie alle skryfwerk op LitNet akademies van aard is nie - vir die gewone leser is daar immers ruimte om te verstaan, om te verbeel en te droom en hoop.

     

    Ek het lanklaas so 'n mooi opskrif soos die week se "Jou Karookuns"  gesien. Blaai jy deur die Kunsgalerye, Boeke en Skrywers, Nuwe stories en Geheuekiekies is dit so asof jy in die Karooveld stap - deur n droë rivierbedding,  onderdeur 'n doringboom en tussen klippe en karoobos. Soms kom jy op 'n geroeste hek af met 'n grondpad wat kronkel tussen klipkoppies deur tot by 'n sementdam met die water wat kabbel en die mooi geluid van die windpomp.

     

    Ek wil definitief die Karretjie-mense boek aanskaf.

     

    Dankie LitNet.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top