Konstantyn was g’n engeltjie nie

  • 0

Ten spyte daarvan dat hy op wonderbaarlike wyse hom tot die Christendom bekeer het, was hy nie ’n liefdevolle mens nie; om die waarheid te sê, hy het maar, soos alle Romeinse keisers, ’n wreedaard gebly. Byna onmiddellik na die Konsilie van Nicea het hy sy seun Crispus en sy stiefma Fausta laat vermoor. Sy doop het hy uitgestel tot op sy sterfbed, want dit het hom in staat gestel om sy sondetjies te pleeg en tog vergifnis te kry sodat hy hemel toe kon gaan. Sy reputasie was sodanig dat die Roomse kerk hom nie as heilige kon verklaar nie.

Sy moeder Helena wat verantwoordelik was vir sy stiefma se dood moes as gevolg daarvan vlug. Sy het van die geleentheid gebruik gemaak en die Heilige land gaan besoek. Hier het sy op wonderbaarlike wyse Christus se graf ontdek en ook die grot waar hy gebore is. Op ewe wonderbaarlike wyse het sy die drie kruise van Golgota ontdek. Hiervoor het die Roomse kerk haar beloon deur haar as heilige te verklaar die “ontdekker van die ware kruis van Christus”.

Dis g’n wonder dat die Christen so skerm en tekere gaan oor sy geloof nie; daar is darem baie geraamtes in kaste. Te veel om weg te steek.

Groete
Angus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top