ABSA KKNK 2013 Kuns: SA Moleskine Art + Design Project

  • 0

Visuele Kunste

SA Moleskine Art + Design Project
Kurator: Johann du Plessis
Groepuitstalling

Colijn Strijdom      
Michel Taylor

                                                           

Moleskine is ’n Italiaanse reeks hoëkwaliteit-notaboeke en -sketsboeke wat vervaardig word in Milan, en gebaseer is op die klein swart notaboekies wat populêr was onder die kunstenaars, filosowe, skrywers en denkers van die 19de en 20ste eeue. Van die groot geeste wat geheg was aan hul klein Moleskine-boekies was Oscar Wilde, Vincent van Gogh, Pablo Picasso, Ernest Hemingway en Henri Matisse. As koördineerder het Johann du Plessis van sy gunsteling- Suid-Afrikaanse kunstenaars-ontwerpers geselekteer om deel te neem aan hierdie projek. Kunstenaars het tekeninge, voorbereidende sketse en proto-tipes gemaak. Die gekose tema was “Introspeksie”. Deelnemende kunstenaars-ontwerpers kon hierdie as ’n “oop” tema beskou en kon dit op enige manier interpreteer, alhoewel “Introspeksie” verwys na die wêreld waarin ons leef, en dit sal, tematies, aspekte van ons oorsprong, huis en omgewing, afwesigheid en verlies, self-refleksie, identiteit en individualiteit insluit. Hierdie kontinuïteit hardloop regdeur die vier (skets)boeke. ’n Keur van werke vanuit die boeke sal gedruk word. ’n Beperkte edisie van hierdie werke sal genommer, geteken en uitgestal word tesame met ’n eksklusiewe versameling gebokste edisies van die werk. Onder die kuratorskap van Johann du Plessis skep hierdie uitstalling ’n uitsonderlike geleentheid om die intieme proses van die kunstenaar se visuele joernaal te kan beleef.

Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat

 

Besoek die virtuele kunsgalery

Gaan terug na die kunstenaarlys

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top