Hier is die wenners van Luna Paige se Storielied-DVD

  • 0

Toe Luna Paige met Chrizane van Zyl oor liedjieskryf en haar Storielied-DVD gesels het, het ons besluit om julle die kans te gee om 'n Afrikaanse verhaal voor te stel wat Luna in 'n storielied kan omskep. Die wenner en twee ander gelukkige deelnemers (lukraak gekies) ontvang elk 'n Storielied-DVD.

Hier is Luna se reaksie op julle kommentaar: “Ek gaan Willem Anker se Siegfried kies. Ek het egter besluit ek wil al die boeke lees en moontlik songs daaroor skryf, maar ek gaan begin met Willem Myburg se voorstel. So ja, hy is die wenner. Ek wou al lankal daai boek lees en dit voel soos 'n uitdaging, siende dat die boek nie noodwendig ‘mooi’ is nie.”

Baie geluk, Willem Myburg! Die ander twee wenners is: Jasper van Zyl en Karin Behrens. Baie geluk! Julle ontvang elk 'n Storielied­-DVD.

Ons sien daarna uit om te hoor hoe jy die verhale gaan toonset, Luna!

Lees die kommentare: Luna Paige gesels oor liedjieskryf

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top