Aan Jaco: Vir Afrikaans in ere herstel én vir Engels!

  • 7

Ek's dit roerend eens met jou ingenomenheid met die veld wat Afrikaans wen onder Swart (eintlik Bruin, soos ek verstaan) Suid-Afrikaners, Jaco. Wat my betref word die taal nou uiteindelik deur sy een onontbeerlike skeppersgroep geëien (Afrikaans is in wese 'n slawetaal, of soos Kleinboer dit blykbaar so mooi stel: "Afrikaans se hart is bruin"), wat juis ironies genoeg so lank so stief behandel is deur die amptelike (wel ywerige en bekwame) fakkeldraergroep.

Dit waarborg sy toekoms, tensy die magte en die owerhede weer ideologies droogmaak en die res van ons alle kanse verspeel, beide (weer) op geskiedkundige skaal. Dit baan ook die weg vir 'n soortgelyke veralgemening van Afrikanerskap, om genetiese verwantskap (tja, ons ís wel en waarlik verwant) en medeskepping van die taal te weerspieël. En wat 'n toekoms sou dit nie wees nie!

Die opgang wat Engels maak pla my nie soseer nie: Die waarde daarvan as wêreldtaal en lingua franca vir die land (Afrikaners, wit en bruin, inkluis) is onskatbaar, en dis vir my klinkklaar dat ons (Suid-Afrikaners) volle en vaardige tweetaligheid met oorgawe en as amptelike beleid moet nastreef. Wat daarvan as die Ingelse húl tweede taal dan volgens nuk sou kon kies? Die res van ons kry deelgenootskap aan die ruggraatkultuur van die Westerse beskawing op die koop toe!

Cilliers

  • 7

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Ag djirretjie tog, nog ’n verdwaalde gees wat Afrikanerskap wil uitbrei!

    Jammer Cilliers, dis nie mense soos jy en Jaco en Thomas wat kan of sal besluit wie en wat Afrikaners is nie – dis ons wat onsself in die eerste plek as Afrikaners beskou. 

    En ek dink julle raak verniet opgewonde oor hierdie sensussyfers.  Erens is daar groot fout – veral as daar beweer word dat dit bewys is dat Afrikaans onder bruin mense groei.  Daar is talle ander aanduidings – soos die verengelsing van UWK en US, soos die gelydelike uitskuiwing van instellings soos die Organisasie vir die Bemagtiging van Afrikaans en ook die feit dat selfs sterk pro-bruin media soos Die Burger nie beduidende lesers bywen nie – dat Afrikaans aan die kwyn is in  die Wes-Kaap en veral in Kaapstad en omgewing.

    Genugtig man, daar is aanduidings dat Afrikaans besig is om te kwyn onder WIT eertydse Afrikaanssprekendes hier in die noorde namate al hoe meer van die mense hulle kinders na Engelse skole stuur want hulle sien en hoor dat feitlik al wat universiteit is besig is om te verengels – ook hierbo.

    Dit is vir baie ons ’n bron van kommer, maar aan die anderkant dink ons dit is maar beter so – laat die lamsakkiges en hensoppers en verskriktes dan maar uitgesif word en wegwaai sodat net die korrels oorbly om die Afrikanervolk te laat oorleef.

    Spyt my om dit so reguit te sê maar jy (en jou vriende) is nie een van daardie korrels nie. 

  • Thys

     

    Dis vir almal ooglopend dat jy met jouself alleenlik praat.  En jy weet wat van mense gedink word wat met hulself praat ne!  Jy is nie deel van hoofstroom Afrikanerdom nie.  Jy is deel van die Gekkegrens (hillbillies,of te wel kranswagters) onder Afrikaners, 'n miniskule minderheid onder die miniskules.

     

    Jaco Fourie.

  • Thys Human (PTA)

    Dan Roodt het vandag in 'n meningsartikel op sy nuuswebblad Praag 'n kostelike ding kwytgeraak.

    Hy skryf: "Naspers wat die Afrikaner sien as 'n Kleurling-in-wording".  Vir oningeligtes soos Jaco en Cilliers net 'n verduideliking: dit slaan op John Vorster se uitspraak kort na sy verkiesing as Eerste Minister dat die Kleurlinge as 'n aparte identiteit moet ontwikkel want hulle is nog "'n volk in wording".
     
    Al die goed wat ek die afgelope week of drie hier gelees het van mense soos Jaco en Thomas dui onteenseglik daarop dat hulle die Afrikaner sien as "kleurlinge in wording". 
     
    Maar dit gaan nie gebeur nie. 
  • Mense

    Ek het weer gaan opsoek wie nou eintlik hierdie Dan Roodt is van wie onse Afrikaner-korrel (Thys se beskrywing van homself), eintlik ’n broodkrummel,  van praat.  En so wrintigwaar toe ek sy gesig sien, toe onthou ek hom. Hy is mos die een wat se webkoerant aan te sterwe is, of hoe?  Ek sien sy leser- trefslae het nog verder drasties gedaal. Dis nou 5 Nov.12.  Sy getroue volgelinge hang nie meer aan sy lippe nie, seker wyser geword, en weer deel van die nugter hoofstroom Afrikanerdom geword. 21 Okt 12, - 15 dae later is die trefslae aan sy vorige rubriek maar 193 gewees. Sy laaste een gister, het tot nou toe net 66 trefslae, “My ‘O My – how pathetic!”

    Thys ... “You and Dan are hasbeens, relagated to the dirtbin”  HeHe!

    Jaco Fourie

  • Thys Human (PTA)

    Was die naweek by ’n byeenkoms in Pretoria waar ver oor die 100 verteenwoordigers van ’n groot verskeidenheid organisasies was om te beraadslag oor die Afrikaner (a la my definisie) se toekoms. Selfs die FW Stigting was daar!

    Flip Buys was een van die laaste sprekers. Interessante toespraak – hy het nie ’n enkele ding gesê wat ek eens naastenby as vergelykbaar kon vind met die dinge wat jy wat Jaco is die afgelope weke hier as Soliforumsieninge en beleid en benadering verkondig het nie. Ek dink jy is uiters oningelig en onkundig oor die sake. Ek kon bv. nêrens enigiets in sy toespraak of op Afriforum se webblad kry dat hulle die DA steun nie – en as jy gaan kyk na Radio Pretoria se kommentare (hulle het ’n webblad) is die sieninge wat daar deur die nou Afriforum-beheerde radiostasie verkondig word, lynreg teen joune.

    Ek dink jy is ’n ou  "wanne-be" wat eintlik ’n "never was" is.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top