2013 Feesprogram: WOW fees

  • 0

WOW fees

Die WOW (Woorde Open Wêrelde) projek, die US Woordfees se bemagtigingsprojek wat in 2013 tien jaar oud is, het in 2012 alleen die lewens van meer as 162 000 mense in sewe provinsies verryk, veral met die reuse nasionale WOW Spelfees. ? Verskeidenheid projek-aksies open leerders se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste, want taalkennis bepaal sukses in alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW studiebeurse van die US en ander instansies soos SON.

 

WOW Skrywersfees

Moontlik gemaak deur LAPA Uitgewers
Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW leeskringe by 10 skole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.

Graad 3: Met die trein na Kalkbaai Graham Isaacs
Die skrywer Graham Isaacs neem WOW lesertjies op ’n verbeelde treinrit na Kalkbaai en moedig hulle aan om herinneringe te koester. Daarna beantwoord hy lees-agies se vrae en plant die skryfsaadjie by aspirantskrywers. Dan is dit leerders se beurt om Graham te beïndruk: Elkeen kry ? treinkompartement om te teken of in te kleur.
4 Maart 09:30 | Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 4-5: Zackie Mostert – Jaco Jacobs
Jaco Jacobs stel dié onnutsige karakter aan lesers voor en vertel alles oor Zackie se avonture met ongelooflike kulkuns, ? (byna) briljante idee, ? super-aaklige soen, die gemaskerde groen gevaar, ? spokerige storie, ’n rugby-avontuur en skaterlaggrappe. Leerders help vir Zackie met grappe en spookstories. Jaco gee ook Zackie-boeke weg.
5 Maart 09:30 | Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 6-7: Nova: Bloedbroers en Nog 13 spookstories
Met Fanie Viljoen, François Bloemhof en Jaco Jacobs
Fanie Viljoen neem leerders op ? toer deur die hemelse kosmos saam met al die Nova-karakters – Woorde Open Planete! Dan stel hy die skrywers se nuutste versameling spookstories bekend en daag 13 aspirantskrywers uit om self spookverhale te vertel. Pryse word uitgedeel en energieke fasiliteerders help leeskringe stig met ? leesprogram wat agterna in skole gevolg sal word.
6 Maart 09:30 | Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 8-10: Ek was hier– Nanette van Rooyen
Nanette van Rooyen vertel van haar boek wat LAPA se tienerromankompetisie gewen het. Daarna ontsluit sy die geheime, opwindende wêreld van groen graffiti. Wenke oor navorsing vir stories word gedeel voordat leerders saadbomme maak wat agterna in hul gemeenskappe geplant word. Nuwe leeskring-bestuurslede word gekies en lees-jaarprogramme gefinaliseer.
7 Maart 09:30 | Van der Stel-saal | 90min | Gratis

Graad 7-9: Graffiti, bloed en ? tienersprokie
Met Nanette van Rooyen, Carina Diedericks-Hugo, Fanie Viljoen en gesprekleier Miemie du Plessis
Hoe skryf mens ? roman wat vandag se tieners aangryp? Skrywers wat bekroon is in LAPA se Jeugromankompetisie gesels met hoërskoolleerders oor hul witwarm tienerboeke Ek was hier, Permanente ink en Betower. LAPA se Billike Boeke is ook te koop.
7 Maart 13:30 | Paul Roos Sportsentrum | 50min | Gratis

Billike boeke
Lekkerlees LAPA-boeke teen billike pryse by die WOW Skrywersfees! Bring ? geldjie saam en belê in lees: jou belangrikste belegging ooit. Boekpryse van so laag as R20, tot R200.
4-7 Maart 09:30-11:30 | Van der Stel-saal

 


 

Spesiaal vir ons senior leerders

WOW Debatfees
Koördineerder: Marieta Nel
In 2013 slyp debatteerders hul vaardighede vir die 4de keer met dié lekker informele saamspankompetisie. Jan van Riebeeck en Schoonspruit Sekondêr verdedig hul 2012-titels. Vanjaar is daar 3 afdelings: Nuwe Besems (spanne met min ervaring), Ou Hande (meer ervaring) en Hardekoejawels (ervare spanne).
2 Maart 08:00 | Luckhoff-skoolsaal, Bloekomweg, Idasvallei | 480min | R300 per span

Skryfskool vir hoërskoolleerders: Nanette van Rooyen
Nanette van Rooyen, bekroonde skrywer van kinder-, jeug- en volwasse fiksie, bied ? skryfkursus vir aspirantskrywers op hoërskool aan na aanleiding van haar wenroman Ek was hier. Deelnemers kry ook ? gratis kopie van haar wenboek. ? Ware winskoop!
8 Maart 15:00| Lettere-gebou: kamer 222 | 120min | R100

WOW Dag vir graad 12’s
Ondersteun deur Shoprite/Checkers
Dinamiese persone uit die mediawêreld gesels met voornemende studente en motiveer hulle om hul droom by die US te kom najaag; Afrikaans-spesialiste van die WKOD gee wenke oor hoe om Vraestel 3 kaf te draf, en Beverley Fanella verskaf saam met Matie-studente inligting oor die US. Daarna is dit groot sports by die Van der Stel Sportterrein, waar Ivor Price verrassend-bekende akteurs aan die woord stel, na ? kort ontmoeting met mnr. Japie Gouws van die ATKV en Woordfeesdirekteur Dorothea van Zyl. Die Wellingtonse blaasorkes vermaak almal as voorspel tot die skouspelagtige WOW Karnaval. ’n Hemelse dag en aand!
9 Maart 08:00 | GG Cillié-gebou: kamer 1028 en 3001; Wilcocks-gebou: kamer 1001, 1012 en 3001 | 360min | Gratis

WOW Skoolkoerantprojek
In samewerking met SON, Koördineerder: Alyson Reid
’n Dagprogram met werksessies vir 150 leerders en onderwysers oor die joernalistiek en hoe om ’n skoolkoerant interessant en prakties aan te pak. ? Opwindende jaarprogram vir skoolkoerant-aktiwiteite word bekend gestel, met ? voorsmakie van fantastiese pryse, entrepreneuriese- en beursmoontlikhede. SON leer jou hoe om geld te maak met jou skoolkoerant!
9 Maart 09:00 | Van der Stel Sport-saal | 360min | Gratis

 


 
Spesiaal vir ons juniors leerders
Koördineerder: Toni du Toit

Verf-en-vers werkswinkels
Kreatiwiteit en ’n liefde vir lees word aangewakker by leerders in die grondslag- en intermediêre fases deur werkswinkels in kreatiewe skryf, visuele geletterdheid, teken en verf. Onderwysers kry raad om taal-onderrig vernuwend en kreatief aan te pak en word ingelig oor die jaarlikse Verf-en-vers-kompetisie. Kontant- en boekpryse van Leserskring is op die spel!
9 Maart 10:00 | PJ Olivier | 180min | Gratis

Kuier se kinderhoekie
Kuier-tydskrif bied weer ? wonderlike sessie van pret en plesier terwyl leerders hulle vaardighede in kunsvlyt opskerp. Spesiaal vir graad 5- en 6-leerders van genooide skole.
9 Maart 10:00 | PJ Olivier | 180min | Gratis

Billike boeke
Lekkerlees LAPA-boeke teen billike pryse by die WOW Skrywersfees! Bring kontant saam en belê in lees: jou belangrikste belegging ooit. Boekpryse van so laag as R20, tot R200.
9 Maart 10:00 | PJ Olivier | 180min

 


 

 

Spesiaal vir onderwysers

Graad 7-12-onderwysers: Witwarm tienerboeke
Nanette van Rooyen, Fanie Viljoen en Carina Diedericks-Hugo vertel hoekom tienerboeke tans soveel aftrek kry. Uitgewer Miemie du Plessis vra die skrywers uit oor hul bekroonde jeugromans Ek was hier, Permanente ink en Betower.
7 Maart 15:00 | JS Gericke-ouditorium | 50 min | Gratis

WOW Dag vir onderwysers
150 onderwysers en 30 finale jaar UWK-studente besin in ? forumgesprek oor die rol van tegnologie in die aanleer van leesvaardighede. Ivor Price en Christene Wessels van RSG stel saam met die gehoor vrae aan ? paneel kundiges: Johann Meyer, Marisca Coetzee, Sareta Otto en Ernest Adams. Iris Bester, Randall Wicomb, Magdaleen Krüger en ? paar digters stel Vi’ Adam, ? huldigingsbundel vir Adam Small, bekend. Redakteurs van die sesde HAT-uitgawe praat oor woordeboeke in die klaskamer en ? loopbaan in Tale. ? Ligte seekos-ete word bedien.
9 Maart 10:00 | De Vette Mossel | 180min | Gratis

 


 

 

Spesiaal vir ons gemeenskap

Langarm Snack Dans
Ten bate van ons gemeenskap; Koördineerder: Mary McDilling
Oud en jonk stof oudergewoonte hul dansskoene af vir die Woordfees se paradyslike opskop. Kom dans die vloer aan die brand met die klanke van Paddy’s Dance Band!
1 Maart 20:00 | A.F. Louw-skoolsaal | 240min | R60 (verversings ingesluit)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top