2013 Feesprogram: Studentefees

  • 0

Studentefees

SuperSport-vasvra
Aangebied deur SuperSport
Maties se mans- en dameskoshuise vorm spanne om hul sportkennis teen mekaar te toets. Wonderlike pryse is op die spel. Gewilde SuperSport-aanbieders tree as gashere op by ’n opwindende groen-en-goud sportwedstryd van ’n ander aard. Kom ondersteun jou span volmondig (dit verdien ook punte) en kyk wie wen! Aanbieder: Joe Pietersen.
4 Maart 19:00 | De Vette Mossel | 120min | Gratis


Sanlam Kultuurplesier!

? Uitstalvenster vir die beste kultuur-items van die koshuise en PSO se kultuuraande. ? Paneel beoordelaars besoek koshuise en PSO’s voor die Woordfees om te kyk wie en wat kom die naaste aan die hemel. Vet pret vir almal met kultuurwoema! Navrae: Michelle Bezuidenhout (071 515 6833).
5 Maart 17:30 | De Vette Mossel | 180min | Gratis


ATKV Debat-finaal – Stellenbosch-uitdunne

Aangebied deur die ATKV en die SR
Ongeveer 20 spanne van verskillende koshuise en PSO’s redeneer sake uit in die finale US-rondte van die ATKV Universiteite-debatkompetisie. Kampuswenners dring deur na die landwyefinale 24-27 April op Stellenbosch.
Vir meer inligting, skakel Anuska Rabe (072 827 4230) of Naomi Bruwer (072 341 9258).
8 Maart 17:00 | Plataankafee | 120min | Gratis


Drink, dig, eet!

Aangebied deur Adam Tas Studentevereniging
Studente-digters dra hul woordkuns voor en die gehoor kan saam kom dig. Landgoedwyn, heerlike kaas en inheemse digkuns sorg vir ? stukkie hemel! Kom maak jou glas vol wyn en sit jou beste woordjie voor.
10 Maart 17:00 | Boektent | 110min | R20 by die deur

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top