2013 Feesprogram: Kunsfees

  • 0

Kunsfees

Wim Botha 

Feeskunstenaar Wim Botha
In samewerking met die Stevenson Kunsgalery, Kaapstad
Wim Botha is gebore in 1974, het gegradueer aan die Universiteit van Pretoria in 1996 en woon tans in Kaapstad. Hy is talle male bekroon, onder meer as Standard Bank se Jong Kunstenaar in 2005. Sy werk is al opgeneem in internasionale groepsuitstallings met Afrika- en Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Africa Remix (2004-2007) en Personal Affects: Power and Poetics in Contemporary South African Art (2004-2006). Ander groepsprogramme was o.m. die Göteborg Biënnale, Swede (2011); die 11de Triënnale für Kleinplastik in Fellbach, Duitsland (2010); Cape '07, Kaapstad (2007); Olvida Quien Soy – Erase me from who I am in Las Palmas de Gran Canaria (2006); en die 7de uitgawe van Dak'Art, die Dakar Biënnale (2006). Vir Woordfees 2013 stal Botha nuwe werke uit wat spesiaal gemaak is vir die SASOL Kunsmuseum: Solipsis 5 sluit 'n reeks grootskaalse werke in wat gebruik maak van fluoresserende lig en gekerfde polistireen om 'n visueel dramatiese en monumentale omgewing te skep wat alternatiewe realiteite en onsigbare wêrelde oproep.
Sasol Kunsmuseum: Opening 1 Maart 18:30 vir 19:00. Uitstalling: 1 Maart – 14 April.
Rondleiding deur Wim Botha: 5 Maart 12:45 – 14:00 | Sasol Kunsmuseum | R50 by die deur

 

Evette Weyers: Kunspirasie
Evette Weyers, die inspirasie vir Woordfees 2012 se plakkaat en programboek, se beelde tree in gesprek met woordkuns en illustreer dikwels idiome – sy wil gestalte gee aan wat die mens waardeer, droom, vrees en aanbid. ‘Die vier kamers van my hart word meestal gevul met die natuur, die kunste, die spirituele en my liefde vir en lewe met Marius.’ Kyk ook na van haar ander kunswerke in die Woordfeesprogram, geskoei op die hemelse en enigmatiese glimlag van die Boeddha. Marius Weyers gesels met haar.
1 – 10 Maart ? Stellenbosch Kunsgalery ? Gratis
Opening: 2 Maart 11:00 | Stellenbosch Kunsgalery


Clare Menck: Hidden Life, Twenty Years of Painting (1990-2010)

Oor die afgelope 20 jaar het Clare Menck haarself gevestig as een van die land se talentvolste skilders. Die retrospektiewe uitstalling reflekteer Menck se ontwikkeling sedert haar finale jaar as US-student tot vandag.
1 – 10 Maart | D-Street Gallery | Gratis

kuns nou-nou <><
Vyf opwindende jong kontemporêre kunstenaars herinterpreteer en tree visueel in gesprek met bestaande kunswerke uit die US Museum se historiese kunsversameling. Anja de Klerk is die kurator vir die jong talent wat Francis Burger, Abri de Swardt, Tasneem Khan, Lunga Kama en Chris Swart insluit. Besoek gerus www.kunsnounou.info vir meer inligting.
1 – 31 Maart | Sasol Kunsmuseum | Gratis

Pentimenti
In dié tentoonstelling van saamsnoerkuns werk kunstenaars, skrywers en woordwoekeraars mee op ’n dubbelblad uit kurator Louis Jansen van Vuuren se sketsboek. Die kunswerke ontwikkel tot verskeie visuele gesprekke tussen uiteenlopende persoonlikhede. Inderdaad visuele jam-sessies.
1 – 31 Maart | Sasol Kunsmuseum | Gratis; Rondleiding deur Louis Jansen van Vuuren: 6 Maart 12:45 – 14:00 | R30 by ingang
Skilder met Woorde III
'n ATKV-produksie
Sewe beeldende kunstenaars en digters is genooi om kunswerke en gedigte te skep rondom die tema ‘1-2-3 blok myself!’ Interessante wisselwerking vind plaas tussen Strijdom van der Merwe en Diana Ferrus; Pauline Gutter en Tom Gouws; Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer; Sam Nhlengethwa en Johan Myburg; Elizabeth Gunter en Melt Myburgh; Karin Miller en Martjie Bosman; Diek Grobler en Danie Marais. Klankbaan: Mr Cat & the Jackal.
1 – 10 Maart | Sasol Kunsmuseum | Gratis

Stellenbosch Revisited

Die tentoonstelling is die tweede in 'n reeks gebaseer op die gedigte van Danie Marais. Jacques Coetzer, Liza Grobler, Marna Hattingh, John Murray en Marlise Keith skep 'n getekende gesprek wat Stellenbosch as 'n eksperimentele ruimte karteer.
1 – 10 Maart | Kamers vol geskenke, Sasol Kunsmuseum | Gratis

Stephen Hobbs: Activities on the Grid
'n Ondersoekende uitstalling wat video, fotografie en installasiewerke insluit, sowel as 'n seleksie van kunswerke uit Hobbs se finale jaar by die Wits Skool van Visuele Kunste. Dié werke markeer sy belangstelling in abstrakte, efemere situasies en interpretasies van stedelike ruimtes.
1 – 21 April | US Kunsgalery | Gratis
Opening met buitelugprojeksie en rondleiding: 2 Maart 20:30 vir 21:00

Steek
Die uitgangspunt van Steek is kuns en kontroversie. Die uitstalling fokus op kwessies rondom geslag en seksualiteit, politiese uitbeeldings en versonne geskiedenisse. Kurators Vulindlela Nyoni en Ernst van der Wal het werke gekies wat visueel reageer op en gesprekke reaktiveer oor die aard van kontroversie.
1 – 31 Maart | Sasol Kunsmuseum | Gratis

Purper en kaneel, komyn en smarag
Dié uitstalling is die resultaat van 'n jarelange vriendskap deur twee merkwaardige vroue: 'n skilder en 'n skrywer. Hannetjie de Clercq in visuele gesprek met haar skrywersvriendin Riana Scheepers oor mistieke kleure, die nostalgie van verlange en die ontwykende geheimenisse van die vroue in haar skilderkuns.
1 – 10 Maart ? Stellenbosch Kunsgalery ? Gratis
Opening: 7 Maart 12:45 | Stellenbosch Kunsgalery (Riana Scheepers praat met Hannetjie de Clerq)

Zivaglo: Liefdesligreis

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top