View this mail online here



LitNet: Jou akteur
Nuusbrief | Newsletter 554
11.06.2015
   
 
  Die nuwe LitNet-in-aanbou

Beste lesers

Die nuwe LitNet-in-aanbou hier by huisbou.litnet.co.za mag dalk stadiger aflaai. Sodra die bouproses afgehandel is en LitNet terugskuif na sy eie bediener, sal dit vinniger gaan.

Baie dankie vir julle geduld; ons is byna daar.

LitNet-redaksie

Ns: As jy haastig is, kan jy steeds alles by huisbou.litnet.co.za lees.


  Menings

Onderhoud:
Gys de Villiers: "’n Afrikaner alien of extraordinary ability ..."

Gys de Villiers, Paula Fourie

Vanuit New York gesels Gys de Villiers oor Afrikanerskap, identiteit en die moontlikheid van ontsnapping.

Rubriek:
Skryf – ’n kettinglose kettingreaksie?

Bettina Wyngaard

"Swart skrywers kry eenvoudig net nie dieselfde blootstelling as wit skrywers nie. Hulle kry nie ’n tweebladsy-onderhoud in Rapport nie. Hulle kry nie dieselfde aantal resensies vir hulle boeke nie. Om hoegenaamd blootstelling te kry in die media, moet hulle iets gewaagd of skandalig doen."

Onderhoud:
Die merkwaardige nalatenskap van Jan die Gewer

Jean Oosthuizen, Pieter Kapp

Jean Oosthuizen het met Pieter Kapp, die skrywer van Nalatenskappe sonder einde, gesels oor die onuitwisbare spore wat Jannie Marais in Suid-Afrika nagelaat het.

Regsalmanak:
Met die maan gepla

Gustaf Pienaar

"Wat hy dus in wese betoog het, is dat die regter self 'n almanak by die datum van die voorval kon oopmaak, kon kyk of dit daardie aand volmaan was of nie, en dit as 'n tersaaklike feit in ag kon neem. Nou wat is 'n regterlike kennisname?"

Blogs

Op 'n ander vlak
Crito

Banting?
bonty

Kar-kenades
Uit Melkbos

  Boeke en skrywers

Resensie:
Matriks deur Joan Hambidge

Thys Human

"Matriks behels enersyds die aangrypende naspoor van die uiteenlopende invloede en patrone wat ’n skrywerslewe help vorm het. Andersyds behels dit ook ’n skrywende sinmaak ..."

Boekresensie:
Anni Dewani – a father’s story

Martie Retief-Meiring

"Op 8 Desember sou Shrien Dewani as 'n vry man uit die beskuldigdebank in Suid-Afrika stap om na Engeland terug te keer. Die uitgebreide Hindocha-familie, en ook tot groot hoogte Suid-Afrika self, sou verslae agterbly."

Boekresensie:
Die engel en die bont bees deur Johnita le Roux

Joel Claassen

"Die engel en die bont bees ontgin op alle vlakke."

In memoriam: Ena Murray (1936–2015)
Izak de Vries

Ena Murray is op Donderdag 4 Junie 2015 in die ouderdom van 78 oorlede. Izak de Vries deel huldeblyke vanuit alle oorde op sy blog.

NB-Uitgewersportaal:
Foto's: 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse

Naomi Bruwer

Die wenners van die 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse is Vrydagaand in Kaapstad aangekondig tydens 'n glansgeleentheid in die Hilton Hotel.

Wenners van die 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse aangekondig

Foto's:
Protea Boekhuis se Kaapse skrywersfunksie 2015

Naomi Bruwer

Protea Boekhuis se Kaapse skrywersfunksie is Donderdagaand by Delvera, Stellenbosch aangebied.

Books & Writers:
The South Africa Independent Publishers Awards 2015

Darryl David

At the JM Coetzee | Athol Fugard Festival gala awards dinner recently, Darryl David announced the winners in every category, and he also named each category after a famous writer who deserved to be honoured. Read his report on the The South Africa Independent Publishers Awards 2015.

  Leefstyl

Festival:
Photographs: JM Coetzee | Athol Fugard Festival, Richmond, May 2015

Darryl David

Darryl David, the organiser of the festival, shares some of his photos with LitNet.

kykNET-portaal:
Die wenner van kykNET se eerste Koekedoor-reeks

Johan du Preez, Naomi Meyer

'n Noord-Kapenaar dra die kroon as bobaasbakker van dié realiteitsprogram.

KlankKas-onderhoud:
Jonathan Peyper wil die blues "modern maak ... sodat mense weer iets kan begin voel"

Henry Cloete

"Ek dink daar is ’n definitiewe gebrek aan die samelewing se vlak van emosionele intelligensie en mense het die lus of wil verloor om na diep musiek te luister ..."

KlankKas-onderhoud:
Livingston se Beukes Willemse: "Ek droom gereeld dat ek op die Main Stage op Oppikoppi staan"

Henry Cloete

"Nadat ons ons tweede album met Universal vrygestel het, was daar 'n verskriklike groot behoefte in die band om vir altyd en almal presies te wys wie ons is."

Musiek:
Endler Konsertreeks met Annette-Barbara Vogel en Pieter Grobler

Carine Janse van Rensburg

"Min beter maniere om ’n Vrydagaand deur te bring as met goeie musiek in die Endler. En Annette-Barbara Vogel en Pieter Grobler het Vrydagaand gesorg vir goeie musiek."

  LitNet Akademies Kuberklas

Klaskamer:
Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 1 en 2, September 2014

Dewald Koen

Dewald Koen, Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel nog twee van sy 2014-vraestelle.

  Nuwe Geskiedenis


Die volledige Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
is nou gratis op LitNet beskikbaar!

  Onderlangs

LêNet:
Aanpassessie

GSA

"My goeie vriendin wat ek so een maal ’n maand sien, vertel my dat sy sukkel om wit jeans te kry wat sy van hou, en wat mooi pas."



  


  
Vind jou sielsgenoot!
Klik hier om verder te soek.