View this mail online here



LitNet: Jou groot gesprek
Nuusbrief | Newsletter 543
27.03.2015
   
 
 
  Boeke en skrywers

PEN Afrikaans-gesprek:
Kan ’n Afrikaanse skrywer nog ’n impak maak?

Danie Marais

"Afrikaanse skrywers het beweeg van die veronderstelling dat ons met die land kan praat en dalk selfs met die wêreld oor ons land, na ’n implisiete aanvaarding dat ons nou net met onsself en ander wat Afrikaans nog wil verstaan, ’n gesprek kan voer. Ons het vanuit uitgestote isolasie en benoude mag ontsnap tot in die buitenste ruimte van ’n minderheidstaal onder die juk van ’n kleptokrasie wat hom trommeldik vreet onder die dekmantel van ’n demokratiese bestel wat klaarblyklik op geen demokratiese wyse hervormbaar is nie."

PEN Afrikaans-gesprek:
Volledige gesprek en foto's

LitNet, Gerrit Rautenbach

Op Woensdag 25 Maart 2015 het PEN Afrikaans hulle eerste oop gesprek aangebied by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Die tema was: “Watter impak kan die Afrikaanse skrywer nog in die hedendaagse Suid-Afrika maak?” Luister na die gesprek en kyk na foto's van die geleentheid.

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2015

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op die volgende bekronings vir 2015 besluit. Hier is die volledige lys.

Man Booker International Prize:
Oorsig en foto's: Man Booker International Prize 2015

Izak de Vries, Naomi Meyer

Wat is uniek vir Suid-Afrikaners aan die bekendmaking van die kortlys van vanjaar se Man Booker International Prize?

The Man Booker International Prize 2015: Finalists list announced

Foto's en verslag:
Ter viering van die Man Booker International Prize 2015

Izak de Vries, Naomi Meyer

Die tien finaliste van die Man Booker se internasionale skrywersprys van 2015, onder wie ook Marlene van Niekerk tel, is op 24 Maart bekend gemaak. 'n Vieringsgeleentheid hiervan het vir die eerste keer in die geskiedenis van die prys in Afrika by die Centre of the Book op die kampus van die Universiteit van Kaapstad plaasgevind. Izak de Vries deel sy eerste foto's van die aand met LitNet se lesers.

Poolshoogte-afsluiting:
US Woordfees 2015: Bestekopname van die bestekopnemers

Izak de Vries

"Sonja Loots, die gespreksleier, het opgemerk dat skrywers mekaar vroeër in kroeë ontmoet het, maar dat die kuberruim deesdae dié gespreksruimte vir skrywers geword het." Izak de Vries deel sy indrukke van die gesprek by US Woordfees 2015.

Poolshoogte-afsluiting:
Nuwe ontwikkelinge in die Afrikaanse literatuurstudie

Louise Viljoen

"LitNet, LitNet Akademies en Etienne van Heerden moet gelukgewens word met hierdie inisiatief. Die American Comparative Literature Association (ACLA) publiseer elke 10 jaar ’n verslag oor die 'State of the Discipline' wat betref die vergelykende literatuurstudie."

Poolshoogte-afsluiting:
Die evolusie van Afrikaanse skrywers- en letterkundebyeenkomste

Francis Galloway

"Gemeet aan die gehalte van bydraes tot die kongresse van vakverenigings en die aanlyn berade van LitNet, asook die 'bywoning' daarvan, is daar nog ’n lewendige gesprek oor Afrikaanse skrywers en die letterkunde aan die gang."

Poolshoogte-afsluiting:
Is Afrikaanse skrywers betrokke?

Bettina Wyngaard

"In die eerste plek het die werk, hoe subtiel ook al, altyd die verdediging van een of ander mensereg, gewoonlik gekoppel aan vryheid of gelykheid, ten doel."

Tien vrae:
Joan Hambidge oor Matriks

Joan Hambidge, Naomi Meyer

"Die gedig sal terugkom of sig aanmeld wanneer die tyd reg is. Skryf is ’n dissipline. Inspirasie moet daar wees, maar die werklike digproses is om al die buie te kan akkommodeer: ’n pynlike ervaring of herinnering; die dood van ’n geliefde of verhouding."

Onderhoud:
Melt Myburgh gesels oor Boererate deur Danie Smuts

Melt Myburgh, Naomi Meyer

Boereraat teen kanker: "Sy het 8 paddas geneem in 'n neteldoekse sakkie op die bors geleg, wat dadelik op die bors so fas kleef as bloedsuiers, toen hulle fol gesuig het, fal hulle met hewige stuipe af, sonder dat di uitsuie pyn feroorsaak."

Review:
War and Society by Albert Grundlingh

Francois Verster

Francois Verster on Albert Grundlingh's book on black remembrance: "A sliver of history brought to light."

Review:
The Space Between the Space Between by John Hunt

Liam Kruger

"On the one hand this emphasis of presence accounts for the novel’s not unremarkable sense of immediacy; I read the thing in two sittings, and not unhappily."

Tien vrae:
Tossie van Tonder oor My African Heart

Tossie van Tonder (Nobonke), Naomi Meyer

"Ek idealiseer al vir langer as 20 jaar dat al elf ons tale kan floreer om ’n digte netwerk van literatuur in Suid-Afrika teweeg te bring. Afrikaans is ’n lewensmag wat iets omtrent die oorlewing en florering van ’n identiteit in hierdie plek verteenwoordig. Laat dit enige vorm aanneem – hoe groter die verskeidenheid, hoe beter."

Resensie:
My groot vet Griekse egskeiding deur Pat Stamatélos

Riette Rust

"My groot vet Griekse egskeiding is ligte leesstof en baie snaaks."

ATKV-Skrywersalbum:
Chris Barnard (1939–)

Erika Terblanche

“Ek weet uit dure ondervinding ’n roman is op sy heel beste tot nét voor jy die eerste sin neergeskryf het. Daarná, sin vir sin, begin jy sy moontlikhede beperk.” Chris Barnard se ATKV-Skrywersalbum is volledig bygewerk.

LAPA-Uitgewersportaal:
Nuwe boeke by LAPA gedurende Maart 2015

LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende Maart 2015.

  Menings

Regsalmanak:
Menseregtedag en tannie Lee

Gustaf Pienaar

"Sy was 75 jaar oud was toe sy op 28 Januarie 1972 met die gereg in Kaapstad gebots het. Tannie Lee was 'n nooi met wie mens nie op Menseregtedag sou skoor soek nie."

Geestelik:
US Woordfees 2015: Twyfel is eie aan die Bybel

Chris Jones

 
"Ons vind God in antwoorde, maar ook in vrae."

Blogs

Konfussies en Konfessies van die Baas se Vrou
Klarisabet

Loopgrawe en onderrokke
Crito

'n Kat as waghond
Uit Melkbos

SêNet

Piet en sy houvrou
oester

Fleur du Cap-reaksie
Danie Botha

Jupiter se mane en spirituele delusies
Thomas

  Leefstyl

Rate hom met Renata: Philip Rademeyer
Renata Redelinghuys

Renata gesels vandag met iemand wat pragtig poëties skryf en ook die bewussynstroomtegniek gebruik: Philip Rademeyer.

Rate hom met Renata: Agtergrond

Wie is Renata en wat is "Rate hom met Renata"? Renata vertel self.

Musiek:
Endler Konsertreeks met Miagi

Carine Janse van Rensburg

"Begeesterd. Dis die woord wat by my opgekom het terwyl ek na hierdie jeugorkes geluister het. Daar het ’n energie van dirigent Brandon Phillips, en later Tshepo Tsotetsi, na die orkes gevloei en terug. ’n Wedersydse besieling."

Teater:
Vrou-alleen by die Baxter


'n Komedie oor cope met vuil wasgoed, vuil doeke en vuil gedagtes. Te siene by die Baxter, tydens die Zabalaza-fees, op 27 Maart 2015.

  LitNet Akademies

Regte:
Vonnisbespreking: Korrek beslis binne die raamwerk van wesenlik irrelevante reg

Koos Malan

Koos Malan bespreek die uitslag in Lourens v Speaker of the National Assembly oor die grondwetlikheid al dan nie daarvan dat alle wetgewing nie in alle amptelike tale gepubliseer word nie.

Workshop:
"Disturbing the 'normalized quiet of unseen power': Alternative ways of representing violence"


We hereby invite you to an interdisciplinary workshop, “Disturbing the ‘normalized quiet of unseen power’: Alternative ways of representing violence”, hosted by the Faculty of Arts and Social Sciences, Stellenbosch University. Dates: 31 March to 2 April 2015.

  Klaskamer

ATKV-portaal:
ATKV Onderwys: die belang van beheerrade

Izak de Vries

"Onderwys is een van die kernpilare van ’n gemeenskap, en daarom is dit van absolute belang dat ouers moet besef hoe belangrik dit is dat hulle betrokke is by hul kind se skool." Só sê Seymour Bothman, senior bestuurder: onderwys by die ATKV.

WF 2015:
Skryf ’n wetenskapfiksiekortverhaal en wen!


LitNet Akademies Kuberklas nooi leerders in graad 10 tot 12 uit om hul Afrikaanse wetenskapfiksiekortverhaal van 700 tot 1 000 woorde in te skryf.

Inskrywings

WF 2015: Wie is nóú die alien?
Nicole Steinmann

Notas en vraestelle:
Nina en die funky eksperiment: Les-idees en werkkaarte vir die klaskamer

Henk Viljoen

Les-idees en werkkaarte vir die klaskamer oor Nina en die funky eksperiment deur Elizbe van der Colff.

  Nuwe Geskiedenis


Die volledige Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
is nou gratis op LitNet beskikbaar!

  Nuwe Skryfwerk

PoësieNet:
Visioene van Syd (1946–2006)

Jaco Fouché

"Eendag sal jy teen dagbreek regopsit
En die slapers na hulle waak aantref."


Skade en skande
Eudore Allers

Richtersveld, klipwoestyn
Judy Troskie

Weersiens
Hester Genis

'n Rit deur die Kaap se agterplaas
Johan du Preez

Siel van ’n vlinder
Trienie

Om te sien of nie te sien nie
Ina Engelbrecht
Skryfkompetisie:
1 001 reiswoorde


Hier’s jou kans om met presies 1 001 woorde vir jou ’n lekker tamaaie reisprys los te skryf.

Op die spel: ’n Groot Vyf-bergfietstoer van drie dae in die Mthimkhulu-gebied van die Groter Krugerwildtuin óf 2 nagte vir 2 in die Coopmanshuijs-vyfsterhotel op Stellenbosch.


Inskrywings

Die ompadreis van Istanbul na Prins Albert
Paula Pereira

Toe kies ek nee!
Alida Delport

Die poort deur die berge
Elma Black

Sowaar Impressionnant!
Idette Venter

Nag deur Meiringspoort
Wikkie Burger

Ibiza
Anita van Niekerk

  Onderlangs

Hyg:
Sewe sondes en verbode vrugte

Anri Visser

"Dit is ’n tipiese Saterdag. Groot rugby, wat die drie b’s beteken: bier, braai en biltong."

www.litnet.co.za   twitter    


  
Hierdie week se LitNet Akademies-navorsers
Bioskets: Koos Malan
Regte:
Vonnisbespreking: Korrek beslis binne die raamwerk van wesenlik irrelevante reg
  


  
Vind jou sielsgenoot!
Klik hier om verder te soek.