Nuusbrief
View this mail online here



LitNet: Jou siedaar!
Nuusbrief | Newsletter 481
12.12.2013

 
  US Woordfees
Siedaar, vyftien jaar – Dorothea van Zyl gesels oor US Woordfees 2014
Dorothea van Zyl, Naomi Meyer

Dit is nog 2013, maar US Woordfees 2014 se program is reeds bekendgestel. Naomi Meyer gesels met Dorothea van Zyl, feesdirekteur vanaf die fees se begin, oor die magiese fees wat sal wees.



  Vermaak | Entertainment

Mandela: Long Walk to Freedom
Suzette Kotzé-Myburgh

"Die regisseur en draaiboekskrywer ... kry dit uitstekend reg om met die regte keuse van tonele ’n behoorlike blik op die lewe van dié groot man te gee."

The Hunger Games: Catching Fire – Suzette Kotzé-Myburgh

Rust and Bone: Grinterige realisme –Suzette Kotzé-Myburgh


ATKV-Rieldansfinaal 2013
Menán van Heerden

Die agste ATKV-Rieldansfinaal het op 7 Desember 2013 plaasgevind. Gaskunstenaar David Kramer het die gehoor op hulle voete gehad. Die seremoniemeester was Lynette Francis. Menán van Heerden het haar foto's en video met LitNet gedeel.

Q&A with folk-pop trio Pearl and the Beard
Pearl and the Beard, Chrizane van Zyl

The Brooklyn based folk-pop trio, Pearl and the Beard, has been making music since 2009, but it is only until a recent, perhaps fateful, discovery that Chrizane van Zyl fell in love with their music.

Stand Up: Net wat die dokter voorgeskryf het
Maryke Roberts

"Die dag toe takt uitgedeel is, het Nik Rabinowitz iewers onder ’n boom langs ’n waterstroompie gelê en mense dophou vir sketse vir sy vertonings. En die lekkerte daarvan is dat jy in die gehoor kans sien om ook vir jouself en jou mede-burgers te lag."

Aansoekvorms vir Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vir 2014 beskikbaar

Aansoeke vir 2014 se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom sluit Maandag 10 Februarie 2014. Dit geld produksies sowel as visuele kuns-aansoeke.

Tin Soldier at the Artscape
Robin van Wyk, Naomi Meyer

"It is always a challenge to tell a story through dance – the dancers use movement, mime and music to tell the story – but being a very simple story, that was quite easy to translate into dance." Robin van Wyk discusses the choreography of a classic ballet this holiday season in Cape Town.

  LitNet Akademies
Karoo wabi sabi – die omtowering van ’n doodgewone landskap
Mark Ingle

"Die Japannese estetika van wabi sabi word opgeroep en gebruik as ’n lens waardeur onopsigtelike kenmerke van die ingeleefde landskap in die Karoo vanuit verborgenheid herwin kan word en in ’n meer waarderende lig blootgestel kan word."

Die fotogedig: ’n Teoretiese onderbou
Hans Pienaar

Hierdie artikel begin met ’n outobiografiese inleiding oor die skep van fotogedigte vir verskeie uitstallings. Vervolgens word gekyk na aspekte van die fotografie wat analogiese verbande met die digkuns toon.

Klein plattelandse gemeentes as ruimtes om brûe na die hele gemeenskap te bou: ’n Prakties-teologiese ondersoek
Kobus Schoeman, Carin van Schalkwyk

"Die doel van hierdie artikel is om die moontlikhede te verken om brûe tussen die twee 'aparte' gemeenskappe te bou deur gebruik te maak van die geestelike en sosiale kapitaal wat binne klein gemeentes op die platteland beskikbaar is."

ATKV/SA Akademieprys 2013 aan LitNet Akademies-navorser

Helize van Vuuren het 'n ATKV/SA Akademieprys ontvang vir een van haar geesteswetenskappe artikels wat in LitNet Akademies gepubliseer is.


Webseminaar: Geskiedenis en die gehoorlid in Deon Opperman se “Tree aan!”
Albert Maritz, Chris Broodryk

"Deon Opperman het sy musiekblyspel “Tree aan!: Dit was die dae toe ons troepies was” (2011) geskryf as lewende monument om die soldate wat in die Grensoorlog gesneuwel het, te huldig. Opperman benader hierdie taak op ’n restouratief-nostalgiese wyse, ten spyte van die kontroversie rondom die Grensoorlog en die verdeeldheid daaroor in die openbare domein."

Begripslees: Pad na jou hart-boekomslag as visuele teks

Laai hierdie lekker begripsleesoefening vir graad 8-leerders gratis met komplimente van Best Books (NB-Uitgewers) af.

  Nuwe skrywerk | New writing
Kuberliefde
Joan Hambidge


• digitaal – Rudi Prinsloo

• Rondborstigheid: 'n flarf-gedig – Estelleke

• Verbeelde tuiste – Jaomi Zeeman


the koppie
Raphael d'Abdon

"i walk barefoot over rocks that
can’t stop sobbing
i have never felt so light before
my skin traversed by
a wind with no blood
yet heavy
with too many mourning moons"





the room
Raphael d'Abdon

"blue scent of cheap cigars
blues songs from the jukebox
smoother than a double jack
rubbing these thickened souls"




  Menings
Die nie-meer-gedanste dans: Die vieringsgeleentheid van Madiba se lewe in die Kaapstad-stadion
Henry Cloete

"Op ’n meer oortuigende, geanimeerde (luister u, meneer Zuma?) wyse as enige politikus tot dusver voer sy ’n werklik roerende huldeblyk uit. In ag genome Madiba se liefde vir kinders is dit des te meer ráák ..." – Henry Cloete oor Botlhale Boikanyo.

Melvyn Whitebooi en Jakes Gerwel
Jason Lloyd

Jakes Gerwel en Melvyn Whitebooi het ontuitwisbare bydrae tot die ontwikkeling en vestiging van swart Afrikaans gemaak. Dit was pas weer November en dus is dit gepas om terug te kyk en te besin oor die bydrae wat hulle gelewer het.


In Memoriam: Paddy O'Byrne
CJ Nortje

'n Oud-omroeper van die destydse Springbok Radio leef voort in vreugdevolle herinneringe. CJ Nortje onthou Paddy O'Byrne.

-TALIG, ATKV-taalafdeling se nuusbrief

Die ATKV-taalafdeling het pas die eerste uitgawe van hulle nuusbrief -Talig bekendgestel. Lees die volledige nuusbrief op LitNet.


  Boeke & Skrywers
Nuwe Stories 2: Onderhoude met die kortverhaalskrywers

Nuwe Stories 2 is pas deur NB-Uitgewers uitgegee. Wie is die jeugdige skrywers wie se verhale in hierdie bundel opgeneem is? Vind hier uit!

Nuwe Stories 2014: Sluitingsdatum vir kortverhaalwedstryd om die draai

Die inskrywings vir Human & Rousseau en LitNet se jaarlikse Nuwe Stories-kortverhaal-wedstryd vir skrywers onder 30 sluit reeds
6 Februarie 2014.

Storierak: NB-Uitgewers se nuwe kinderboektoep
Nèlleke de Jager, Naomi Meyer

Storierak is 'n toepassingwinkel wat deur NB-Uitgewers vrygestel is. Nèlleke de Jager praat met Naomi Meyer oor kinders wat anders lees in 'n veranderende wêreld.

Tolbos deur Irma Joubert: Foto's van Kaapse bekendstellings
Izak de Vries

Tolbos, die derde roman in Irma Joubert se Tussen stasies-trilogie, is onlangs in die Kaap aan haar lesers bekendgestel. Izak de Vries deel sy foto's van verskeie geleenthede met LitNet.

Nuwe stemme 5 – saamgestel deur Heilna du Plooy en Loftus Marais
Louise Viljoen

“Die Nuwe stemme-projek (bly) ’n belangrike een in die identifisering en ontwikkeling van nuwe digterlike stemme in Afrikaans. Daar is min literêre sisteme in die wêreld waarin daar met soveel toewyding omgegaan word met poëtiese talent en daar soveel moeite gedoen word om dit te ontwikkel.”

Hennie van Deventer (1941–)
Erika Terblanche

“Ek skryf nie omdat dit lonend is nie, maar oor die bevredigende gevoel, die lekker van skryf, en laat ek dit erken, die streling van die ego wanneer jy die finale produk in jou hand hou.”

Bekennen zonder bekentenis
Hendrik-Jan de Wit

"Van dode mannen win je niet van Walter van den Berg is bijna een bekentenisroman. In de roman zoekt de ik-verteller naar de reden van de handelingen van de hoofdpersoon."

Foto: Drie knape van die jaar 1937

Met die publikasie van Adam Small se nuwe digbundel het drie knape van die jaar 1937 weer saamgekom: Adam Small, Ton Vosloo en Abraham H de Vries.

Everyone's Guide to Divorce and Separation, Bertus Preller
Jaco Barnard-Naudé

“(A)s jy jou in 'n skeidingsituasie bevind ..., moet jy jou, soos vir enige stryd, hoe gemoedelik ook al, bewapen. En Preller se boek is 'n sterk wapen. Kry dit.”

  Wen | Win
Suid-Afrika se Woord van die Jaar vir 2013: Inskrywings

Selfie is die Oxford-woordeboek se woord van die jaar. Wat dink jy is die Suid-Afrikaanse woord van die jaar? Laat LitNet weet en jy kan R3 000 wen. Hier is 'n keuse van inskrywings.<
Sanlam Sing 'it
lyric writers honour Nelson Mandela
A smile that brightened up this rainbow nation
No more to be seen by the next generation
Can you be really gone feels like a dream
Wanna wake up but all I can do is mourn
─ Nothando Zungu
Liewe Madiba ek skryf die vir jou Ek weet daar's baie briefies soos my een aan jou
Ons het nooit ontmoet nie maar voordat jy groet
Wil ek jou iets vra dis iets wat moet

─ Sarah Theron
The walk was long, the walk was hard The walk to freedom was a war of love So rest your body, father freedom Your work is done
─ Barry Abrahams
Ukuhamba Kwakho kange Sikulindele Inkululeko yakho sohlola silwele Ixesha lokuphumla Uzalifumana Ngokhu solele Rolihlala Tata Wam Sohlala Sikukhumbulile
─ Zuko Jaho
If I was a bird I'd be so high above the blue
Across a known universe
Just to be with you
─ Unathi Wendy Booi

Read more tributes to Nelson Mandela

  
Hierdie week se LitNet Akademies-navorsers

Bioskets: Carin van Schalkwyk
Klein plattelandse gemeentes as ruimtes om brûe na die hele gemeenskap te bou: ’n Prakties-teologiese ondersoek

  

Bioskets: Kobus Schoeman
Klein plattelandse gemeentes as ruimtes om brûe na die hele gemeenskap te bou: ’n Prakties-teologiese ondersoek

  

Bioskets: Hans Pienaar
Die fotogedig: ’n Teoretiese onderbou

  

Bioskets: Mark Ingle
Karoo wabi sabi – die omtowering van ’n doodgewone landskap

  
Meeste gelees
The fling ... or not?
Echeveria
Die Oord: Hoofstuk 2
Ali Mengelslaai
Frustrasie en skuld
Hunter
Suid-Afrika se Woord van die Jaar vir 2013: Inskrywings
LitNet
Fanie Naudé wen Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs vir 2014
LitNet
Inge: Hoofstuk 1
Biscuits
Nuwe Stories 2: Foto's van die boekbekendstelling
Menán van Heerden
Nelson Mandela Gedenkmuur
LitNet
Malene Breytenbach (1948– )
Erika Terblanche
LitNet Akademies-resensie-essay: Kaar 'n klein ensiklopedie van woord en digkuns
Henning Snyman
 




  
  Wen
Suid-Afrika se Woord van die Jaar vir 2013: Inskrywings

Netdigters 2.0
  
article
LitNet Akademies
Hulpvideo
Wat is LitNet Akademies? Hierdie hulpvideo gee ’n vinnige oorsig van LitNet se geakkrediteerde akademiese joernaal.

  Vermaak
  
  
  VryNet
Vind jou sielsgenoot!
Klik hier om verder te soek.
  
  Hyg
Inge: Hoofstuk 1

The fling ... or not?
  Bieg
Frustrasie en skuld
 

www.litnet.co.za   twitter      
Indien u nie hierdie brief wil ontvang nie, stuur ’n e-pos aan unsubscribe@litnet.co.za