View this mail online here



LitNet: Jou bybaantjie
Nuusbrief | Newsletter 393
23.03.2012
 
 


  Kompetisie
LitNet se groot blokraai

Is jy ’n superblokraaier? Voltooi LitNet se lekker blokraai en jy kan ’n heerlike prys wen: die Pansegrouw Superblokraaiwoordeboek! Hierdie verbeterde, herbewerkte uitgawe is elke blokraaier se droom, met die antwoorde op byna 155 000 leidrade. 

Dans Dans Lisa wins Sing ’it music video budget!

After four exciting weeks the Sing ’it download phase has closed. For the past month Sing ’it fans across South Africa have had the opportunity to listen to, and download, all nine completed singles. Apart from scoring some free music they also helped determine which of the competition artists would walk away with a music video from MK (DStv channel 324). The winner, with a whopping total of
5 655 downloads, was Dans Dans Lisa! Pierre Smith, songwriter of "Die ouer ek", will also have the opportunity to appear in the music video. The video will be flighted on MK and will be available for viewing online in the next few months.

Na vier opwindende weke het die Sing ’it-aflaai-fase gesluit. Die afgelope maand het Sing ’it-aanhangers regoor Suid-Afrika die geleentheid gehad om na al nege voltooide opnames te luister en dit af te laai. Behalwe dat hulle by gratis musiek gebaat het, het hulle ook bepaal watter een van die deelnemende kunstenaars met ‘n musiekvideo van MK (DStv kanaal 324) sou wegstap. Die wenner, met ‘n enorme 5 655 downloads, was Dans Dans Lisa! Pierre Smith, die liriekskrywer van "Die ouer ek", sal ook die geleentheid hê om in die musiekvideo op te tree. Die video sal op MK gewys word en in die volgende paar maande aanlyn vir kykers beskikbaar wees.

Downloadfase verby
Sing ’it se downloadfase is nou verby, maar kyk gerus na die projekblad vir 'n oorsig van hierdie opwindende kompetisie.

  
  Briewe
George Claasen se ongelowiges aan die woord
Johannes Comestor
Die histerie rondom ons
Helmine le Roux
Panda, ek kyk ook sterre
Enjee
Spoeg en plak met lemmetjies
Cornelius Henn
Wie se Afrikaans
Jan Rap

  
  Blogs
Hannelie Coetzee interviewed about her land art work
Reney Warrington
Vryheidsdag
Antoinette
Die versoek
Berwick
Byleveld
T Fourie
Om te kan wys ek was daar
shlwanjan
They grow up so fast
Boskabouter
 DinkNet
Lees Gerrit Brand se gereelde blog, DinkNet, hier.

Hygliteratuur
Die dapper maagd
Everart
Geluk aan Koggelmander met die weninskrywing "Shawn se suster".

  
  NB-Uitgewersportaal
Wenners: NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd
article
Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Onderhoud
Die werklikheid wil fiksie word – Ingrid Winterbach oor haar wenmanuskrip in die GAR
Bibi Slippers; Ingrid Winterbach

Ingrid Winterbach is onlangs aangewys as die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Sy gesels met Bibi Slippers oor vertwyfeling, die Suid-Afrikaanse werklikheid, en lewende wesens van allerlei aard.

article
Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Onderhoud
Geen kriptiese kitsbevrediging hier nie – Chris Karsten gesels oor sy manuskrip vir die GAR
Bibi Slippers; Chris Karsten

Chris Karsten gesels met Bibi Slippers oor die strekking van spanningsfiksie, wat hy van die joernalistiek geleer het en die kopskuif wat met verplanting saamgaan.
Commendatio – ’n Man van min belang

article
Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Onderhoud
’n Bietjie kranksinnigheid – Jaco Fouché gesels oor sy GAR-manuskrip
Bibi Slippers; Jaco Fouché

Jaco Fouché vertel vir Bibi Slippers waarom Ingrid Winterbach kop en skouers bo ander skrywers uitstaan, en waarom hy reken daai Shakespeare ou gaan êrens kom in die lewe.
Commendatio – Liefste Lena

article
Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Onderhoud
Om te durf aanhou skryf – Carié Maas gesels oor haar manuskrip vir die GAR
Bibi Slippers; Carié Maas

Carié Maas is onlangs met die debuutprys bekroon in die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Sy vertel vir Bibi Slippers van haar regte-egte debuut (wat onlangs herontdek is in ’n boks vol wisseltande en handgemaakte Kerskaartjies), en die mag van fiksie, humor en poësie om ons te red.
Commendatio – Koljander
article
Foto’s
NB-Uitgewers se Skrywerspartytjie 2012
Alwyn van Zyl; Naomi Bruwer

NB-Uitgewers se jaarlikse skrywerspartytjie is Donderdag 15 Maart by Café Paradiso in Kaapstad gehou.

article
Press release
Appointment of James Woodhouse as Publisher of Kwela Books

NB Publishers is pleased to announce the appointment of James Woodhouse as Publisher of Kwela Books, effective from 1 April 2012.

article
Boekbekendstelling
Herinneringe aan Parys

Human & Rousseau nooi jou vriendelik uit na die bekendstelling van Herinneringe aan Parys deur André P Brink. Die bekendstelling vind op Donderdag 29 Maart by The Book Lounge plaas.


  Boeke en skrywers
article
Resensie
Die woord leef in Vaarwel, my effens bevlekte held

Henning Snyman

Henning Snyman lees Johann de Lange se bundel Vaarwel, my effens bevlekte held en bevind die werk rigtinggewend. Snyman sê: "Die woorde in De Lange se werk 'beteken' nie net nie, dit 'be-teken', en sodoende kom daar telkens nuwe betekenisse uit die verse."

article
Crito
Tipies versigtig
Crito lees stip aan twee resensies deur twee teoloë.
article
Boekbekendstelling
Kom ontmoet vir Riette Rust

Protea Boekhuis, Naledi en Wordsworth Books, Willowbridge, nooi u hartlik uit na die bekendstellings van ’n Lyf onthou en Lang bene & Lipstiek deur Riette Rust op Donderdag 29 Maart 2012, 18h00 vir 18h30 by Wordsworth Books, Willowbridge.

article
ATKV Skrywersalbum
Zuretha Roos (1941–)
Erika Terblanche

Zuretha Stefanie Roos (gebore Coetzer) is op 21 September 1941 op Joubertina in die Langkloof in die Oos-Kaap gebore, waar haar ouers albei onderwysers was.

article
Rubriek: Refleksies
Vriendskap en ander klein jakkalsies
Wat is anders aan die Nederlandse Boekenweek 2012 (14 tot 24 Maart) in vergelyking met ander jare? Die tema vanjaar is "Vriendschap en andere ongemakken". Dit geld vir vriendskappe in die literêre wêreld, maar ook vir vriendskappe daarbuite. Verder word die Boekenweekgeschenk vir die eerste maal deur ’n Vlaamse skrywer geskryf.


Nuwe skryfwerk | New Writing
article
Snars poëtika
Verse vir spreeusterftes en vertroosting
Bibi Slippers

Gedigte word gebore omdat daar nie in gewone taal ’n manier is om te sê hoe dit voel as ’n klein spreeutjie se laaste asem teen jou palm aanslaan nie. 

Poësie
die swemmer nog ver van die wilde kus
DW Gouws

alleen en nietig kompak op ’n najaarsagtermiddag beur jy ’n kort trog deur die water
Diepgang
Johann de Lange

’n Nuwe kwatryn uit die pen van Johann de Lange


  
 Akademie
article
Akademiepryse
Adam Small ontvang die Hertzogprys vir 2012

Die raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het vandag besluit om die Hertzogprys vir 2012 aan die digter-dramaturg-skrywer, Adam Small, vir sy drama-oeuvre toe te ken 

article
Natuurwetenskappe
Toewysingsheuristieke om die volgorde van bestellings vir 'n uitsoeklyn te bepaal
SE Visagie; AP de Villiers

Hierdie artikel ondersoek 'n sisteem vir die opmaak van bestellings deur middel van heuristieke. Die uitsoek en opmaak van bestellings in 'n distribusiesentrum wat deur Pep besit word, word ondersoek.

article
Onderhoud
LitNet Akademies: Elzette Steenkamp in gesprek met Henriëtte Loubser
Elzette Steenkamp gesels met Henriëtte Loubser oor haar artikel "Transgressie in die voorstelling van gender in Die avonture van Wilde Willemientjie deur Riana Scheepers en Vian Oelofsen" in LitNet Akademies.

article
LitNet Akademies
LitNet Akademies is oop vir voorleggings

Ons nooi alle navorsers uit om artikels vir moontlike publikasie in LitNet Akademies voor te lê.
LitNet Akademies (Regte): Inligting
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe): Inligting
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe): Inligting
article



  Kuns
article
Sanlam Art
Blown in from the East: A selection of works from the Walter Battiss Art Museum
A selection of works from the Walter Battiss Art Museum in Somerset East is now on show in the Sanlam Art Museum.
article
Interviews
SA-illustreerders | SA Illustrators
South Africa's brightest and most talented illustrators share their thoughts, their inspiration and their art. | Suid-Afrika se mees geliefde en talentvolle illustreerders deel hul gedagtes, inspirasie en kuns.


  Menings
article
Essay
Moeilik om te begryp, gelees teen hierdie landskap
Charlene van der Walt

“Twee instrumente wat sinvol kan meewerk tot die ontmaskering van heteronormatiwiteit en die skep van alternatiewe werklikhede is Queer-teorie in die algemeen, enersyds, en verantwoordelike Bybelinterpretasie, andersyds, wanneer daar ‘n gesprek in die kerk gevoer word.”

article
Rubriek: Hotnotsgot
Die verskil tussen swart en bruin
Jason Lloyd

“As die bepalingspunt byvoorbeeld terug verskuif word tot voor 1652 (Jan van Riebeeck se aankoms) sal wit mense geen aanspraak kan maak op een millimeter stukkie grond nie. Dit sal onmenslik wees en versoening op ’n glybaan na die (vrot) asblikke van die verlede neem. Dit wil ons mos nie hê nie, of hoe?”

article
In Memoriam
JC Kannemeyer
Johann de Lange

Wat kan die geheim van jou reuse-arbeid wees?

article
blacksheep.tv
Scot Scott 2010

The Kony 2012 campaign is brilliant!



  Teater
article
Resensie
Vaselinetjie: Salf vir die siel
Michael le Cordeur

Vaselinetjie handel oor ’n meisie in die weeshuis wat nie weet of sy wit of bruin is nie. Helena Bosman, oftewel Vaselinetjie, se ongenaakbare lewe word uitmuntend uitgebeeld op die verhoog met Henry Mylne (van 7de Laan-faam) as regisseur en Hugo Taljaard se verwerking van die oorspronklike roman. Die vertoning is op ’n minder ernstige noot as wat lesers van die boek dalk sou verwag.



  Film
article
Fliekvlooi-resensie
The Artist in alle opsigte 'n pragtige fliek
Suzette Kotzé-Myburgh

Suzette Kotzé-Myburg wonder waarom Uggie die hond nie 'n Oscar vir sy spel in The Artist gekry het nie. Hondelewe, darem!

article
TV
Robinson Regstreeks: Pravin Gordhan

’n Eksklusiewe onderhoud met die Minster van Finansies, Pravin Gordhan, oor belangrike kwessies wat belastingbetalers raak.


 

www.litnet.co.za   twitter