Nuut by Litera Publikasies

  • 0

Nuut by Litera Publikasies dié Mei:


Uitgewer:

Litera Publikasies
ISBN:
9781920188337
ISBN (English):
9781920188344
Prys:R395

Klik hier om Pik Botha en sy tyd by Kalahari.com te koop.

Pik Botha en sy tyd (also available as Pik Botha and His Time)
Theresa Papenfus

’n Biografie oor een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende minister van buitelandse sake ter wêreld.

Wilhelm Jordaan, bekende koerantrubriekskrywer, lys Pik Botha en sy tyd saam met ses ander lewensverhale wat “die mensdom se geheue is, en iets agterlaat wat duursaam, rigtinggewend en waardevol is”.

“Hierdie biografie lees soos ’n roman: spannend, ontroerend en humoristies ...”
– Jeanette Ferreira

“History owes [Theresa Papenfus] a favour for writing this book.”
– Peter Sullivan, voorheen redakteur vanThe Star en groepshoofredakteur, Independent Newspapers, Suid-Afrika

“… ’n gesaghebbende bron van inligting … wat nooit geïgnoreer sal kan word nie … wat van groot navorsing en kennis spreek, van ’n fyn aanvoeling sonder soetsappigheid of verdoeseling.”
– Marinus Wiechers, Staats– en Volkeregkundige en oudrektor, UNISA

“… a page-turner … certainly one of the most fascinating biographies written by a South African writer concerning a South African politician, and can be highly recommended.”
– Cyrus Smith, Pretoria News

“Dit is ’n groot kuns om van die kontemporêre politiek boeiende leesstof te maak … Theresa Papenfus met haarPik Botha het uitstekend daarin geslaag …”
– Hermann Giliomee, Die Burger

“…without question a tour de force … and in the final instance an authoritative source or information … The book is highly recommended for those with a passion for or interest in contemporary South African politics and history.”
– Theo Neethling, Journal for Contemporary History

 

Verkrygbaar by alle goeie boekhandelaars, of bestel by On the Dot, Tel 021 918 98500 /orders@onthedot.co.za.
Albei uitgawes ook in e-boek-formaat beskikbaar by On the Dot / Kalahari.com.


Uitgewer:

Litera Publikasies
ISBN:
9781920188382
Prys:R190

Klik hier om Grensoorlogstories by Kalahari.com te koop.

Grensoorlogstories
Saamgestel deur Jeanette Ferreira

Intense verdeeldheid oor die Grensoorlog in die laaste dekades van die vorige eeu is steeds aan die orde van die dag. Talle feitelike publikasies daaroor het in die onlangse verlede die lig gesien.

In hierdie bundel bring skrywer en redakteur Jeanette Ferreira 31 kortverhale van verskillende skrywers byeen, ingelei met ‘n insiggewende skrywe deur Louis Bothma.

Gevestigde skrywers sowel as nuwe stemme is aan die woord:

Marius Ackermann * Christiaan Bakkes * Johan Bakkes * Douwleen Bredenhann * Helene de Kock * Trudy Erasmus * Jeanette Ferreira * Jaco Fouché * Jan Horn * Johan Kruger * Maretha Maartens * Bernard Odendaal * Deon Opperman * Theresa Papenfus * Bartlett Raath * Roey Ramone * Lien Roux-de Jager * Bertus Steenkamp * Gerda Taljaard * Dolf van Coller * Hennie van Coller * Thijs van der Merwe * Kees van Dijkhorst * François Verster * Ben Viljoen * Fanie Viljoen

“Wanneer mens dié verhale klaar gelees het, het jy die somber gevoel dat die bekende sentiment ‘Hoe soet is dit om vir die vaderland te sterf versuim om te sê hoe mens die verskrikking van oorlog verreken. En dat Rudyard Kipling se bekende oorlogsgrafskrif pynlik waar is vir ons Bosoorlog: ‘If any question why we died,/ Tell them, because our fathers lied.’ In Grensoorlogstories is die literêre verbeelding aan die woord om dié werklikheid opnuut en pynlik en deerniswekkend oop te skryf.” – Wilhelm Jordaan, rubriekskrywer

Verkrygbaar by alle goeie boekhandelaars, of bestel by On the Dot, Tel 021 918 9850 / orders@onthedot.co.za.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top