Taal- en afkomsfeite van meeste wit afrikaners net so bietjie gebuig?

  • 0

Ek is al die afgelope paar jaar besig om te krakeel oor ons herkoms wat met 1 kamtige bekroonde klomp stront, verander was.

Daar is 'n paar sleutels in my aanname, nl:

-Nederduits Hervormde Kerk, wat staatskerk van pre-Abo Transvaal was, waar Nederduits/ hooghollands die amptelike taal tot 1904 was, toe Jan Smuts dit verander het met Engels as enigste amptelike skooltaal. Dis ook die 1ste verander van die 'daktaal' van sg Afrikaans.
-1948 is die 'nasionalisering' van Afrikaans as amptelike taal, saam met Engels. Dit was die 2de politieke manipulasie, om die laaste stuiptrekkings van oorlewende ABO- veterane en gesinne se volgehoue volharding om aan nederduits vas te klou, te stop.
-1961 tot 1994 was Afrikaans net wit apartheid onderdrukker se taal, medium om te indoktrineer en te onderdruk! Toe was ook die mode en gebruik vir bruin 'arm struggle heroes' om net Engels te praat, as uitdrukking van hul 'weerstand en verset' teen Nasionale party politiek. Dit was ook gewilde swindel om 'italiaans' te wees, as hul van Kaapstad na Johannesburg in hul Alfa Romeos verhuis het.
-1994 tot nou, Media24 vat 'besit' van Afrikaans dmv hul privaat organisasies, wat skielik in regering inspraak gemaak het en doelbewuste regstelaksie in taal en geskiedenis.

In Europa was soortgelyke ingrypings in ander periodes:
-1820 ontstaan koninkryk van Nederland, agv politieke ooreenkoms en hou 'nederduits' as gebruikstaal op met bestaan, behalwe in Vlaandere se Ryngebied.
-1914 bring weereens politieke geografiese veranderinge en taalverandering!
-1945 bring weereens taal agv politieke geografiese veranderinge.

Interessant is dat grafskrif op grafstene in Sa ook my waarneming in Sa laat klop met wat op Google beskikbaar is.

Die eiland Texeril en nederduits is 2 sleutelwoorde in my amateurnavorsing, na ek die interessante grafskrif-taalgebruik in ou begraafplase in klein dorpies opgemerk het, in wit begrafplase.

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top