Reis

  • 1

Eendag, lank lank gelede, maar ook nie só lank gelede nie, was daar 'n bus op pad met 'n klomp mense in. 'n Gedeelte van die passasiers murmureer en weeklaag dat die bus na die verkeerde bestemming op pad is en, soos dit duideliker word dat die bus nou naby sy eindbestemming is – kort gras en stywe heiningdrade langs die pad, goedversorgde padoppervlak, die soort van ding – vererger die gekerm van die passasiers wat reken hulle is op die verkeerde pad. Nie alleen huil en skree hulle nou dat die are op hul koppe en kele bult nie maar begin oorgaan tot geweld, steek banke aan die brand en passasiers wat nie saam kerm nie met skerp voorwerpe en slaan hulle met stomp voorwerpe.

Die bus draai toe maar om en vat die pad wat die kermers wil hê. Nie lank nie of die pad verander in 'n dowwe tweespoorpaadjie vol gate en klippe. Die bus skud half uitmekaar, stamp die sump stukkend op klippe, verloor olie en beweeg op 'n slakkepas teen die tyd al sommer deur die veld, daar is lankal nie meer 'n pad nie.

Die passasiers wat nou die ooglopende feit uitwys dat hiérdie die verkeerde pad is word uitgeskel as 'kermderms', hulle moet 'positief' wees en uitspring en die bus stoot want dit is al manier wat die bus vorentoe kan gaan. Hulle moet ook 'uitreik' en 'hande vat' en hulle truie en padkos gee vir die wat hierdie pad gekies het want hulle het nie truie en kos nie en almal is tog passasiers op dieselfde bus.

Jan Rap

NS: Vir Niekie van den Bergh: Ons het julle mos

  • 1

Kommentaar

  • Hy is gillend en skreeuend uit die donker eeue gesleep en as jy hom aan homself oorlaat, trek hy reguit terug donker eeue toe en neem alles saam wat hy aanraak. 

    Ek het niks meer met hom te doen nie en weier om ooit weer toe te laat dat hy enigiets van my aanraak of enige besluit oor my neem. 

    Ek deel ook absoluut niks wat ek heropbou met hom nie. 

    Voorspoed

    Duitswester

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top