In memoriam 

  • 5

Foto: Canva.com

In memoriam 

Jy leef nog in my woorde, 
seer-mooi in my onthou; 
in die wasem van my asem, 
in my hart se teerste vou;

jou lig skyn nog hier om my 
in die skadu’s van rou: 
die wese van jou lewe 
is ’n vuurvlam  
in jou wegwees-kou. 

  • 5

Kommentaar

  • Johan van Rooyen

    Sjoe, in die kol. Gee woorde vir hulle wat voel maar nie kan praat nie. Dankie Salvia

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top