Blogs-miniseminaar

  • 0

Op LitNet se Facebook-groep het Etienne van Heerden besoekers uitgenooi om kommentaar te lewer oor ? blogsplatform op LitNet:

As redakteur van LitNet wonder ek of die LitNet-gemeenskap blogs op LitNet verantwoordelik gaan hanteer, of gaan ons 'n klomp mal bloggers op ons hande kry sodra ons met 'n blogplatform begin? Ek hoor graag wat julle dink.

Etienne van Heerden

Al Lovejoy

Hi Etienne, in my relatively short experience of Facebook, the mad or rather idiotic blogger is kinda the nature of the beast. You will have six people having a deep discussion about a serious topic and someone will post and claim to be a devil worshipper or try and sell you something you will never buy or repeatedly attempt to drag the topic off course and thereby get the group to refocus on the idiot blogger, usually in an attempt to shut them up, but of course by then the thread is lost and the idiot has what he or she wants.

Look, there is that kind of a culture on LitNet already, where quite obviously there are the serious thinkers and contributors and then there are the fringe (Calvin vs Takhaar) going hell for leather at each other in a cyberspace free-for-all kleilat - mostly because they love the sound of their own voice.

Okay, because they love only the sound of their own voice, with the embedded dichotomy that if one of them ever made THE GREAT SWEEPING STATEMENT, everyone else would need to shut up and of course Facebook would need to close down from lack of interest ... lol.

However, to try and block or stop these dear nitwits would be tantamount to censorship and that is something that no one in this community of writers and contributors is going to tolerate, although out on the fringe you might find some of our more starchy Calvinistic friends rooting for it. They are easy to spot: no sense of humour and usually lots to say about God, whom they of course know up close and personally and from whom they have a message with a few things to say to you too.

The word "irrelevant" comes to mind and the method of dealing with the spam - sift, discard and flat-out ignore ...

Herman Wasserman

Volgens Technorati  word daar elke dag 175 000 nuwe blogs geskep. Technorati alleen "volg" 112,8 miljoen blogs. Dis baie. Is elkeen van hierdie miljoene blogs die resultaat van nugter, rasionele denke? Natuurlik nie. Ook gelukkig dat dit nie is nie - want die blogosfeer is juis interessant omdat dit 'n basaar is waar 'n mens in die deurmekaar gedrang allerhande stemme, geluide en beelde kan raakloop. Wat nie beteken dat dit noodwendig die oop, inklusiewe ruimte is wat kuber-optmiste dikwels wil beweer dit is nie - nes ander mediaplatforms word blogs ook gekenmerk deur insluiting- en uitsluitingsmeganismes, waarvan internettoegang en die vermoë om jouself te oriënteer in hierdie ruimte van die opvallendstes is.

Maar nes daar elke dag duisende blogs gebore word, sterf daar ook elke dag blogs - baie bloggers begin met ywer maar verloor later stoom. So die blogosfeer is ook besaai met karkasse, en dit sal dus heelwat energie kos om 'n blog aan die gang te hou (hoewel, te oordeel aan die aktiwiteit op LitNet, dit nie te moeilik behoort te wees nie).

In hierdie Wilde Weste is dit dus juis gehalte en sorg wat 'n blog laat uitstaan bo die miljoene ander wat dikwels nie veel meer as 'n virtuele terapiesessie of spoegbakkie is nie.

As LitNet 'n blogplatform moet begin, sal die uitdaging dus nie wees om malles en skuimbekke van bo af uit te sluit nie (vir sover dit in elk geval moontlik sou wees), maar eerder om die tipe ruimte te skep waar interessante en kreatiewe bloggers graag sal wil publiseer en wat deur middel van assosiasie (bv deur middel van skakels na ander soortgelyke blogs) 'n duidelike identiteit sal verkry. In plaas daarvan om net terug te sit en te wag vir enige hoender om 'n eier te lê, kan daar byvoorbeeld spesiale bydraes gesoek word, gas-bloggers kan uitgenooi word om by te dra en multimedia (bv video en podcasts) kan bygevoeg word. Die skuimbekke sal steeds kom met hul ope briewe, petisies en skellery, maar hulle sal dan in die minderheid wees en die ruimte kan sigself dan self-reguleer. Dit, ten minste, is die teorie. Maar Billie Blogger woon waar die wilde westewinde waai ...



Charl Linde

mmm ... daar is dalk 98765416312 miljoen blogs op die net. maar daar is weliswaar dubbeld soveel wat vervelig is.

my blog blyk 'n "malle" te wees .

en om vir slim thug te quote:

"i am feeling real good about it"

laat die malles rol. maak oop die hekke vir alle blogs. of doen 'n blog special offer ding. binne die tyd van 2 ure mag mense 'n blog open en nooit ooit ooit weer nie. of doen 'n 2-blogs-vir-die-integriteit-van-1 "special".

nou dit sal 'n trekpleister wees/

xx



Chris Brunette


En gaan die skuimbekke vir die redakteur kopsere veroorsaak met lasterlike uitlatings? Moet die bydraes “gesif” word voor plasing om hofgedinge te voorkom? Glenn Reynolds, ‘n Amerikaanse regsprofessor en redakteur van sy eie blog (www.instapundit.com), het insiggewende gedagtes oor die aanspreeklikheid van blog-redakteurs oor lasterlike uitlatings deur bydraers. Dis wel op die Amerikaanse reg gebaseer, maar die beginsels kan universeel geld. Sy kort essay "Libel in the Blogosphere: Some Preliminary Thoughts (Final Version)" is gepubliseer in die Washington Law Review en kan hier afgelaai word.

Sy stelling oor aanspreeklikheid van blog-redakteurs is veral gerusstellend (gesien vanuit die redakteurs se hoek): “'… no provider or user of an interactive computer service shall be treated as the publisher or speaker of any information provided by another information content provider.’ As a result, libelous matter contained in comments posted on blogs by their readers, or e-mailed to blog publishers and subsequently reprinted, cannot give rise to a libel action against the blogger – though of course the original source enjoys no such immunity.”

Ek wonder wat die Suid-Afrikaanse regstandpunt is.

Vicki Scholtz

Ek stem (meestal) saam met Herman - let 1 000 Floros bloom (of watter "brand" margarien dit ook al is). Blogs wat sonder waarde is, is ook sonder gehoor. Mense lees nie iets wat niks bydra nie. As dit uitblink, sal mense lees. As dit uiters horribaal is, sal mense wil lees (nes mense verkeersongelukke staan en kyk, of Leon Schuster-movies kyk, of Steve Hofmeyr-plate luister), maar as dit net nog 'n breindooie blog is, sal mense wegbly in hulle hordes.

Maar wat absoluut noodsaaklik is, is a groot DISCLAIMER waar duidelik gestel word dat die inhoud van die blog nie (noodwendig) die opinie van LitNet is nie, en laat die bloggers 'n ding "teken" waarin hulle self verantwoordelikheid aanvaar ingeval een of ander belangrike iemand besluit daar is lasterlik oor hulle geskryf, en 'n ou R6 miljoen of wat sal help met hulle prokureursrekeninge wat opstapel weens 'n ou misstappie hier of daar ...



Charl Linde

Ek stem saam met me Scholtz ... Om mense te "gag" of te probeer weghou, is nie 'n goeie idee nie. Dit is in elk geval net die goeie blogs wat sal uithou. Die gimmicks sal vinnig uitbrand ... Is hier iemand wat Alex Matthews se blogs lees? "Thought leader" vir Mail&Guardian. Hy het heet? skryf? ook "Afrodissident" en is genomineer vir twee SA Blog Awards. Briljant, knap en weliswaar puik!

Krokodil

Etienne, ek hoop nie ek is mosterd na die maal nie, maar ek blog al maande lank by Blogger en geniet die template-formaat waar mens, selfs al is jy nie 'n bevoegde programmeerder nie, jou eie foto's en goed kan aflaai eerder as die nuusstyl- blogs waar mens beperk is tot vervelige copy - gaan kyk gerus by my blog te http://krokodilkouaan.blogspot.com (hierdie is regtig nie 'n goedkoop poging tot blog-promosie nie – ek het baaaie traffic reeds daar) as jy wil sien wat ek bedoel.

Daar is bloggers en bloggers en die triek is om die ouens wat wil blog om kliek-inkomste te genereer dmv Adsense edm eerder weg te hou want hulle kontamineer nogal die plek erg. Die res kan jy laat kom - die lesers sal self met die muis sensureer.

Elke blogger wat konstant blog, trek later 'n tipe van eie niche-gehoor van gereelde lesers. Mens kan ook die blogs volgens die mees algemene onderwerpe in katalogus-formaat indeel en gewoon die spul los om hulleself uit te sorteer. Dalk kan jy taal die indelingskriterium maak eerder as onderwerp, of selfs beide.

Ek glo 'n blogseksie sal LitNet se verkeer opstoot, want blogging lok beslis crowds. Ek is baie opgewonde oor die vooruitsig van blog op LitNet en sal beslis deelneem daaraan.

Ten slotte my "brag" van die week: PAULO COELHO HET GISTERNAG MY BLOG BESOEK en 'n boodskap op my katalogusblad gelos!! Ek het hom met my feed indicator terug getrace tot by sy eie persoonlike site waar hy weggespring het.

Al Lovejoy

A previously published interview reply to the question of whether the internet should be kept an open forum:

As an IT specialist I come from the Copyleft school of thinking which is rooted in a philosophy that embraces the free association and sharing of thoughts and ideas in an open transparent community. From this perspective the internet is merely a common, electronically sustained, artificial consensual hallucination of both the soaring genius and rude idiocy, the carefree generosity and appalling greed, the astonishing strength of spirit and the utter animal depravity found within the human race. And we as contemporary human beings have skilfully conspired to make the internet into as much a unique part of our existential experience as the DNA in our living tissue. So skilfully, in fact, that we can no longer sustain human life as we know without it. And as such, having become a real part of our common humanity, in a crude sense it is like having a metaphorical extra hand, which may serve to proffer an unexpected gift or become a cocked fist ready to strike and injure. A calculated, mathematic reflection of our universal, recidivistic, human nature.

Remember, the internet was born out of the post-WWII Arpanet, which was conceived by the USA for the sole purpose of processing NATO’s military intelligence and thereby maintaining its trans-Atlantic control of Western Europe - and simultaneously facilitating the financing, R&D, construction and eventual deployment of bigger, better, more efficient armies and weapons of mass destruction - which singularly serve to underwrite America’s political will. Underneath the beauty and bestiality sculpted from the raw material of abstract algorithms - that is still the underlying backbone and primary application of the internet – as was carefully defined by the American National Standards Institute in the American Standard Code of Information Interchange. In my opinion it has to be kept an open forum of ideas and exchange by all responsible free thinkers and computer scientists because some corporate spiritual responsibility has to be taken for the internet before it achieves its ultimate purpose of complete control or the alternate destruction of everything which refuses to submit to American economic, political and military dominance.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top