Medewerker | Contributor

Jason Lloyd
Bioskets | Biography
 
Jason Lloyd was voorheen ʼn joernalis by Die Burger en het verslag gedoen oor die Suid-Afrikaanse verkiesing in 2004. Daarna was hy adjunkdirekteur: media & parlementêre skakeling (woordvoerder en toespraakskrywer) vir twee Oos-Kaapse Provinsiale Ministers in drie verskillende departemente (Finansies, Maatskaplike Ontwikkeling en Openbare Werke). Hy was in 2010 inhoudsredakteur en rubriekskrywer by Krit, feeskoerant van die KKNK in Oudtshoorn. Hy is tans kommunikasie-bestuurder by die Oos-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke, ʼn bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) en ʼn vryskut- en rubriekskrywer vir verskeie publikasies. Sy kortverhale is gepubliseer op LitNet en in die bloemlesing, Palawer van die Woord.