Medewerker | Contributor

Erika Terblanche
Bioskets | Biography
 

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met Geskiedenis en Frans as hoofvakke en ‘n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir elf jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum werk en bring bykans twintig wonderlike jare daar deur, waar sy met die Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van die departement, bedank sy. Na ’n jaar by die Departement Afrikaans van UV tree sy en haar man, Harold, ’n stadsbeplanner, af en verhuis in 2009 na Durbanville. Sy is sedert Augustus 2007 verantwoordelik vir die Afrikaanse Skrywersalbum op LitNet en werk deeltyds by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl. Sy en Harold het twee dogters en ’n seun, en die mooiste kleindogter in Suid-Afrika, indien nie in die hele wêreld nie.



Opgedateer/Updated: 2010-06-22
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za





Spesiale projekte | Special projects