Medewerker | Contributor

Celesté Fritze
Bioskets | Biography
 
Celesté Fritze verwerf die grade BA(Ed), BA(Hons) in Afrikaans en BA(Hons) in Professionele Skryfwerk en Vertaling (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. Vanaf 1981 tot 1994 is sy vertaler by die Stadsraad van Pretoria en die Departement van Onderwys en Opleiding in Pretoria. Vanaf 1995 tot en met haar vroeë aftrede in 2006 is sy die hoof van taaldienste by die Tshwane Munisipaliteit, waar sy gereeld by nasionale en internasionale taalkonferensies en -werkswinkels optree. Weens haar bydrae tot die taalbedryf ken PANSAT in 2005 ’n veeltaligheidsmedalje aan die Tshwane Munisipaliteit toe. Sedert April 2006 werk sy as vryskutkopieskrywer, -vertaler en -redigeerder vir kliënte soos die UP, Lapa-Uitgewers, die US, UNISA en Wits. Sy werk ook af en toe in die simultaantolkbedryf.


Opgedateer/Updated: 2008-08-19
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za