Medewerker | Contributor

Steyn du Toit
Bioskets | Biography
 

Steyn is in 1982 in die Krugerwildtuin gebore en het vir twee dekades daarna die land platgereis en besef dat die middelklas maar almal dieselfde is.

Na skool is hy Universiteit Stellenbosch toe en het hy vir ’n paar jaar ’n paar verskillende grade begin studeer, voordat hy en die universiteit beide besef het hulle is nie vir mekaar bedoel nie. Intussen het hy by Stellenbosch se gemeenskapsradiostasie betrokke geraak, agtergekom hy het ’n besonderse talent vir kakpraat, en later vir ’n hele paar jaar die programbestuurder geword.

As vryskut kuns- en vermaakjoernalis het hy al vir van die land se voorste publikasies en webtuistes geskryf, onder andere Sunday Independent, Sunday Tribune, Die Burger, Beeld, SL Magazine, en 2oceansvibe.com.

Steyn is tans ’n projekbestuurder by LitNet en die trotse pa van die liriekeskryfkompetisie Sing ‘it.

Hy rook sigare op ’n daaglikse basis, en is bereid om vir jou meisie te jok oor hoe julle ontmoet het; en dit maak hom hartseer om daaraan te dink dat hy nog nooit oorsee was nie.

Opgedateer/Updated: 2011-03-06
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan
bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to
bio@litnet.co.za