Medewerker | Contributor

Francois Verster
Bioskets | Biography
 

Francois P. Verster is in 1962 in Bellville gebore.  Hy matrikuleer  in 1979  aan die Hoërskool President in Vrijzee en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy werk onder meer as onderwyser en argivaris, en verwerf in 2003 ’n D. Phil. in Kultuurgeskiedenis oor pikturale humor, met T.O. Honiball as gevallestudie. Aan die einde van 2010 verwerf hy ’n MPhil in Joernalistiek aan die US met sy tesis "A critique of the Rape of Justicia, with emphasis on seven cartoons by Zapiro (2008 – 2010)". Dié tesis is beskikbaar op die internet. 

Hy skryf vakkundige artikels (geskiedenis, kultuurgeskiedenis, literatuur, kuns, joernalistiek), resensies en essays in koerante en tydskrifte, asook gereelde rubrieke in die streekskoerant Bolander en vaktydskrif Kaapse Bibliotekaris. Hy skryf ook kortverhale, jeugverhale, gedigte vir jeug, ens. Kortverhale verskyn in Grensoorlogstories (2012) en Skarlakenkoors (2013), asook die roman Een teen Adamastor (wenner van Afrikaanse afdeling van Maskew M Longman kompetisie, 2013).

Vir informasie oor gepubliseerde werk, asook skilder- en karikatuurwerk: besoek www.Stellenboschwriters.com.

 



Spesiale projekte | Special projects