Wits Trio at Cool Capital

  • 0

Die Wits Trio tree môreaand, 4 November om 20:00 in die Musaion-teater op die kampus van die Universiteit van Pretoria op. Die Trio bestaan uit Zanta Hofmeyr (viool), Maciej Lancy (tjello) en Malcolm Nay (klavier) en hulle speel ? program van Schubert Nocturne op 148, Dvorak Dumky Trio op 90 and Schostakovich Trio No 2 op 67. Die konsert vorm deel van die Cool Capital Biennale 2014 wat tans in Pretoria plaasvind. Die konsert is deel van die Capital Music Classic week en kaartjies kan by die deur of aanlyn by https://www.itickets.com/register/new/333473 gekoop word.

R100 vir volwassenes en R50 vir pensionarisse en studente.

Die Wits Trio ontvang sedert sy bestaan drie jaar gelede net lof van resensente vir hulle dinamiese en inspirerende vertolkings van die trio repertorium. Al drie musici is soliste in eie reg en saam vorm hulle ‘n opwindende ensemble.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top