WF 2015: Annabelle Viljoen – die tiener-robot

  • 0

Inleiding

My naam is Annabelle Viljoen, en ek was gebruik vir ’n eksperiment – ek is nou ’n robot! Ek kan nie presies onthou wat gebeur het nie en aangesien niemand my wil vertel nie, het ek besluit om self uit te vind.

Twee jaar gelede was ons by die see, net ’n doodgewone vakansie saam met die hele familie. Dit was niks spesiaals nie, aangesien ons elke jaar dieselfde ding doen – die hele familie gaan saam met my oupa na sy private eiland toe. My ma en haar twee broers het eers gedurig baklei oor wie wat gaan erf wanneer my oupa sterf. Dit was naderhand nie meer ’n bakleiery nie, aangesien my oupa besig was om al sy geld te verloor – sy besigheid het swak gevaar en niemand het meer aandele gekoop nie, omdat die ekonomie in ’n slegte toestand was. En dis waar my storie begin.

Hoofstuk 1

“Annabelle! Ons wil ry, ons gaan die vlug mis as jy langer vat!” skree my ma in die gang af terwyl ek die laaste van my goed inpak. Ek was 16 jaar oud en ek het al my klere ingepak ingeval my nefies ’n mooi vriend saamvat en hy my raaksien. Die res van die vakansie is maar net vaagweg in my brein, of eerder my robotbrein. Die voordele van ’n robotbrein is dat ek heeltyd weet wat almal dink en hoe hulle voel, wat sommige mense as ‘n nadeel beskou. Ek kry net onderskeidings in my vakke, want robotte vergeet niks nie.

Dis redelik moeilik om my geheim by die skool weg te steek, want behalwe vir my slim robotbrein, is ek ongelooflik sterk en as iemand in gevaar is, is dit my natuurlike instink om dadelik te help.

Die nadele van ‘n robotbrein – EK WEET ALLES. Niemand kan net ’n gewone gesprek met my voer nie, want as my mond oopgaan, vertel ek hulle alles – hoe plante groei tot hoe die sterre beweeg en nuwe sterre verskyn.

Ek het nooit ’n kêrel nie – geen ou dink ’n superslim, supersterk meisie is aantreklik nie.

Noudat ek 18 jaar oud is en weer eiland toe gaan (ek kon nie verlede jaar gaan nie, want my ma het gesê dis te traumaties vir my om almal so vinnig na my “ongeluk”, soos sy dit noem, te sien) is ek van plan om uit te vind hoekom ek deel was van ’n eksperiment.

Hoofstuk 2

By die eiland groet almal mekaar met liefderike drukkies en vriendelike soene. My ma het klaar vir almal gesê om nie oor my “ongeluk” te praat nie, en my nefie Ben dink ek is mal. Hy is ses jaar oud en verstaan nie heeltemal waaroor dit gaan nie.

Die eiland en al die huise daarop lyk soveel anders as wat ek dit onthou. My ouma is intussen oorlede en dit was vir my vanselfsprekend dat my oupa dinge sou wou verander na haar dood. My nefie Carlo en sy tweelingsussie, Sunette, was 17 en ons was beste vriende, maar net op die eiland. Wanneer ons by die huis was, veral die afgelope twee jaar, het hulle nie op enige van my boodskappe gereageer nie.

Ek was die enigste persoon wat moeite gedoen het om tyd saam met hulle deur te bring, en hulle was ook die enigstes wat oor my “ongeluk” gepraat het. Hulle, en ’n ander anonieme persoon. Ek het elke oggend ’n boks op die stoep gekry met foto’s van voor my “ongeluk”.

Iemand weet wat met my gebeur het en was van plan om my alles te vertel voor die vakansie verby is.  

Eendag was ek, Carlo en Sunette op ons eie private strand en dit het gevoel of ons die wêreld kon oorneem. Ek kon nie lank swem nie, want my robotbrein het seer geword as ek te lank in die water bly.

My ma en haar twee broers het nooit vir Carlo en Sunette genooi vir ete nie. Ek was die enigste tiener aan tafel en ek kon nie verstaan hoekom hulle nie genooi is nie.

Hoofstuk 3

Die laaste aand van die vakansie het Carlo en Sunette besluit dit is tyd om my te vertel wat gebeur het. Hulle het begin deur te vertel wat ons die hele vakansie gedoen het en hoe gelukkig almal was, maar dat my oupa al sy geld verloor het. Toe het hy ‘n ooreenkoms met ? ryk sakeman aangegaan dat hy ’n eksperiment op my kan doen in ruil vir genoeg geld om my oupa se besigheid weer skatryk te maak.

Hy het ‘n robot, wat ’n paar jaar vantevore oorlede is, se brein in my kop ingeplant en ‘n reeks toetse gedoen om te kyk of ek normaal sal kan funksioneer. Carlo en Sunette was vier jaar gelede daardeur, maar hulle robotbreine werk te goed vir die normale aardse lewe en hulle kan met uitheemse wesens kommunikeer. Dis hoekom die familie hulle so min as moontlik pla, omdat hulle moet seker maak dat die robotvoorraad groot genoeg gehou word vir die hele wêreld.

My eksperiment, aan die ander kant, het perfek gewerk en hulle oorweeg dit om alle menselewens uit te wis en net robotmense te vervaardig. Daar gaan geen tegnologie oorbly nie, want robotte is die nuwe tegnologie.

Lees nog oor die LitNet Akademies WF-skryfkompetisie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top