Wenners van WOORDtroFEES aangekondig

  • 1

Die US Woordfees se topproduksies, kunstenaars en skrywers is op Maandag, 14 April 2014 by die vyfde WOORDtroFEES, moontlik gemaak deur die ATKV, aangewys.  Die funksie is op die spogplaas L’Avenir buite Stellenbosch gehou.   

Gerrie Lemmer, hoofbestuurder:  ATKV-projekte, het die gaste verwelkom voordat die wenners aangekondig is.  Kim Cloete was die seremoniemeester en die bekende Schalk Joubert het musiekvermaak verskaf.

Die wenners is as volg:

WOW-skool: Uitsonderlike bydrae tot die bevordering van Afrikaans
Wenner: Scottsdene Sekondêr in Kraaifontein

Die trofee is deur Gerrie Lemmer aan mnr. Karel Cupido, prinsipaal van Scottsdene Sekondêr, oorhandig.

 
WOW individuele prys: Die bevordering van Afrikaans in die gemeenskap
Wenner: Sabina Dumas van New Orleans Sekondêr in die Paarl.

Die trofee is deur Fiona van Kerwel, projekbestuurder van die WOW Projek, oorhandig.

 
Beste kunsuitstalling
Wenner: Magicus in D-Street (Kurator: D-Street Galery - Elizabeth Miller-Vermeulen samewerking)  

Amanda Botha, wat vir ’n dekade lank die kurator van die Woordfees se uitstallings was, het die trofee oorhandig.  Elizabeth Miller-Vermeulen en Ronnie Donaldson (eienaar van die D-Street Galery) het dit ontvang.

 
Beste klassieke musiekproduksie
Wenner: Liebrecht Vanbeckevoort

Liebrecht Vanbeckevoort is tans in die buiteland.  Rudolf Gouws het die trofee aan Jan Visagie van die Vlaams-Suid-Afrikaanse Kultuurstiging oorhanding, wat dit namens Vanbeckevoort ontvang het.  

 
Beste kontemporêre musiekproduksie
Wenner: Laurika en Orkes

Dorothea van Zyl het die trofee aan Laurika Rauch oorhandig.

 
Uitskieter drama
Wenner: Stephanie Gericke vir spel in Melusine van Arcadia

Stephanie Gericke het die toekenning by Elias Nel ontvang. 

 
Beste dramaproduksie
Wenner: Wie's Bang vir Virginia Woolf

Eugene Cloete het die trofee aan Saartjie Botha oorhandig.  Botha, wat die stuk vertaal het, het dit namens die geselskap ontvang.

 
Woordtrofee vir beste debuutskrywer
Wenner: Lindie Koorts – DF Malan en die opkoms van Afrikaner-Nasionalisme (NB-Uitgewers)

Dr Lindie Koorts het die trofee by Gerrie Lemmer ontvang.

 
Woordtrofee vir ’n gevestigde skrywer
Wenner: Marié Heese – Vuurklip en Karoo-Kantate (NB-Uitgewers)

Ingrid Winterbach het die laaste trofee oorhandig.  Marié Heese kon ongelukkig nie die funksie bywoon nie, maar Amanda Botha het dit namens haar ontvang. 

Voordat Dorotha van Zyl die bedankings gedoen het, is formeel aangekondig dat Basic Bistro die wenner van die 2014 Burger-oorlog is. Bun Booyens, redakteur van Die Burger, het die oorhandigimg gedoen.

Die US Woordfees vind in 2015 van Vrydag 6 tot Sondag 15 Maart  op Stellenbosch plaas. 

Foto's by die geleentheid: Naomi Bruwer


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Nelis Koegelenberg

    Gelukwensinge aan alle ontvangers van WOORDtroFEES!

    Dankie vir 'n Woordfees wat puik gereël was en lewenslange herinneringe bewerkstellig het. 

    Beste Wense vir 2015 se reëlings wat alreeds in volle erns aanvang neem.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top