Wen vyf dubbelkaartjies na US Woordfees 2015!

  • 1

 

Krit, Spat, Stronk, Muskiet, Cue ...

US Woordfees 2015 gaan vir die eerste keer 'n eie feeskoerant hê! Maar wat moet die naam wees? Want ons krit niemand dat die spoeg spat en stronke swaai, soos 'n dekselse muskiet wat, on cue, almal lastig val nie ...

Wat noem ons hierdie blinknuwe blad waar woordsmede, joernaliste, resensente, kunskenners, kunstenaars en akteurs die fees op papier gaan bespreek, ontleed en dalk sommer uitmekaar trek? Onthou, US Woordfees is 'n fees van woorde, 'n fees in Afrikaans maar nie eksklusief Afrikaans nie, 'n fees met 'n trotste kultuur van goeie kuns, drama, diskoers en gesprek.

As jy met 'n treffer-titel vorendag kom, gee ons jou vyf dubbelkaartjies* van jou keuse na enige van die vertonings by die fees.

Om in aanmerking te kom, moet jou inskrywing ons teen 15 Januarie 2015 by wen@litnet.co.za bereik.

*Onderhewig aan beskikbaarheid

**Die US Woordfees behou die reg voor om geen van die voorgestelde name te gebruik nie.

Lees hier die inskrywings.

  • 1

Kommentaar

  • Christo Viljoen

    Voorstel:  VerbUS (die Latyns vir “tydige woorde”), waar verder die “VERB” die Latyn vir “werkwoord” is, die eerste drie letters VER die Latyn vir Lente is, en die US verwys na die Universiteit van Stellenbosch. Dus sommer vele betekenisse in een woord saamgevat. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top