Wen Nicky Grieshaber se Diacs and Quirks in a Nutshell – wenners aangekondig!

  • 0

Die aanloop tot die kompetisievraag het gelui: "Engelssprekendes ken die Afrikaanse terme vir diakritiese tekens oor die algemeen beter as wat hulle die betrokke Engelse terme ken, en sal die Afrikaanse terme dikwels selfs in 'n suiwer Engelse gesprek gebruik (soms al het die gesprek boonop niks met Afrikaans te doen nie!)", en die vraag was: "Ken jý die Engelse terme vir die skryftekens wat onderskeidelik op sker en geinteresseerd moet kom? Wat is hulle?"

Die korrekte antwoorde was onderskeidelik "circumflex" en "diaeresis".

Die wenners van hierdie kompetisie is Ettienne Joubert en Trudie Coetzee. Van harte geluk!

Die wenners ontvang Nicky Grieshaber se boek:

Skrywer: Nicky Grieshaber
ISBN: 9780620519809
Besoek www.nickygrieshaber.co.za vir inligting oor boekaankope.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top