Wen | Win

 
Wen die asemrowende Die Afrikaanse skryfgids: Wenners aangekondig!
Maritza du Preez en Anna Ahllers ontvang elkeen ’n kopie van Die Afrikaanse skryfgids. Baie geluk met die skryfwerk en geniet die boek!

 

Jy weet al vandat jy so klein is dat jy nog op die mat gesit en stories luister het. As adolessent het jy jou soms verbeel jy sien iemand anders soos jy raak. Maar toe gedink niemand sal verstaan nie. Op 'n dag het jy toe maar vir jou ma vertel en sy het moedig geglimlag en gevra: "Is jy seker?" Met jou pa waag jy nie eens om daaroor te praat nie. Oppas, waarsku mense. Hou jou verbeelding in toom. Tog, die kere wat jy dit skelm beoefen, voel jy hoe die sterrestof in die heelal beweeg, weet jy hierdie is soos en  waarvoor jy gebore is. Wáág dit vandag. Gryp 'n megafoon terwyl jy tot heel voor in die saal stap. En sê dit dan, dat die wêreld dit kan hoor: "Ek skryf, daarom is ek ..."

 

LitNet het ook 'n aankondiging om te maak: ons het twee kopieë van die Afrikaanse Skryfgids om weg te gee. As jy een van hierdie boeke wil hê, skryf vir ons 'n storie waarin die woord "gids" voorkom. Stuur jou storie na webvoet@litnet.co.za en maak seker ons het jou kontakbesonderhede daarby. Alle stories sal as briewe geplaas word.  Die kompetisie sluit op 30 September 2012.



Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address