Watter boekwinkels neem deel aan die Koop-’n-Afrikaanse-boekdag op 14 Augustus 2014?

  • 0

Watter boekwinkels neem deel aan die Koop-’n-Afrikaanse-boekdag op 14 Augustus 2014?

Die Vriende vir Afrikaans reël sedert 2005 op ’n datum rondom 14 Augustus die "Koop-een-Afrikaanse-boek-dag". Dit val saam met die jaarlikse Afrikaansweek wat landwyd deur Afrikaanse instansies en skole gevier word. Daar word op hierdie dag 'n beroep gedoen op almal wat Afrikaans praat om een Afrikaanse boek te koop, om te hou of om weg te gee. Dit is 'n bewusmakingsveldtog wat ten doel het om die aandag te vestig op die fantastiese Afrikaanse boeke wat op die mark is, maar ook om 'n leeskultuur aan te moedig. Boekwinkels, uitgewers, die openbare media, vriende en goedgesindes neem hieraan deel, soveel so dat die dag al openbare besit geword het!

Die volgende boekwinkels neem deel aan die jaarlikse Koop-’n-Afrikaanse-boekdag:

  • Chantall Sayers van Kalahari laat weet dat hulle 30% afslag gee op 14 Augustus op ’n seleksie van hulle Afrikaanse boeke, fisiese of digitale formaat.
  • Lourens Potgieter van CNA sê hulle promosie duur van 14 tot 28 Augustus en hulle het heelwat hase in hulle hoed!  “Ons gaan ’n hengse klomp ekstra Thank U punte toestaan aan almal wat Afrikaanse boeke koop, en aan die ATKV-lede stuur ons ’n e-pos met ’n kortingkoepon vir 15% af op alle Afrikaanse boeke-aankope van R200 en meer. Daar gaan plakkate in ons winkels wees, en ons gaan adverteer. Buiten die Thank U punte en ATKV-korting is daar groot besparings op ’n hele paar vooraanstaande titels, soos Leon van Nierop se Ballade vir ’n enkeling, Kokkedoor 2 en Ladybird- en Phambili-kinderboekies.”
  • CUM-boeke se bemarkingspan laat weet dat hulle 15% afslag aanbied op Afrikaanse boeke op[ 14 Augustus en sê: “Boeke kan jou inpireer, bemagtig en aanmoedig. Jy kan deur die wêreld reis sonder om ’n tree te stap. Koop ’n boek vir jouself of bederf iemand wat nog nooit ’n boek van hulle eie besit het nie.”
  • Riëtte van der Merwe van PNA in die Strand/PNA Colours/PNA Somerset-Wes/PNA Eikestad Mall gee op 14 Augustus 25% afslag op Afrikaanse boeke.

  • Exclusive Books: Alma Struwig laat weet Mimosa Mall in Bloemfontein neem deel; Tertia Koegelenberg sê hulle tak in Centurion en die Kolonnade gee ook afslag. Karin Shaul se tak, Woodlands Boulevard gee 10% afslag. Anzel van die Loch Logan-tak in Bloemfontein laat weet hulle gee ook 10% af.
  • Myafrikaans.com, ’n eBoekwinkel gebaseer in Rotterdam gaan 20% afslag gee op die 14e, laat weet André Beukes. (http://myafrikaans.com/blog/koopnafrikaanseboekdag/)
  • Protea Boekwinkel landwyd bied 10% afslag op Afrikaanse boeke op 14 Augustus.
  • Baie dankie aan al hierdie vrygewige boekmense. Ons hoop hulle verkope styg flink op 14 Augustus!
    Amanda/Chareldine

     

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top