SêNet-briewe | Letters

 
Verskoning vra is in orde
Daar is nou 'n storie op tou gesit om dorpe te verfraai; die dorpenaars is siek en sat vir slaggate, papiere, riool en stormwater wat rondlê en 'n slegte indruk van die dorp staan en skep. RSG, die radiostasie, spesifiek Amore, is hewig betrokke hierby – die inwoners registreer op 'n manier en ruil wenke onder mekaar uit en por mekaar aan om hand uit die mou te steek om, nie net die verval te stuit nie, maar om die omgewing te verfraai.

Dit is prysenswaardig MAAR is dit 'n goeie ding? Stel dit die betrokke dorpsrade nie in erge verleentheid nie? Dit beklemtoon mos nou hulle gebrek aan prestasie en hulle het ook mos gevoelens of hoe? Alternatiewelik, selfs al voel die dorpsraad nou nie geaffronteer nie, sterk dit hulle nie in hulle kwaad nie? Ek meen, hulle gaan mos nou voort om hulself nóg meer te verryk want al hoe minder geld hoef nou vir dienste aangewend te word; die mense Doen Dit dan Self.

Of dit mag wees dat hulle bly is oor die hulp want, soos hulle altyd aanvoer, het hulle nie die vaardighede ('skills' noem hulle dit gewoonlik) om voldoende te presteer nie. Dis erg; wat soek hulle dan in daardie posisies?

Hoe dit ookal sy, verskoning-vra is in orde. Die dorpsrade moet sê hulle is baie jammer dat hulle dinge so laat verval het en nog jammerder dat mense nou self moet inspring en dinge doen ten spyte van die feit dat hulle belasting vir juis sulke dienste betaal. Die sameroepers en oppieknoppiedrukkers moet die mense wat hulle werf om verskoning vra dat hulle, die sameroepers nou, deel gehad het in die daarstel van die huidige bestel. Indien die wat gewerf word self ook 'ja' gestem het moet hulle hulle mederekrute om verskoning vra.

Dis mos reg so, of hoe? As jy reken jy verbrou het kan jy darem askies vra.

Jan Rap

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address