US Woordfees se feeskoerant-kompetisie: Inskrywings

  • 6

  Wat moet die naam van die US Woordfees se feeskoerant wees?
  Klik hier vir kompetisiebesonderhede.
  Hier is die inskrywings:

Wat van "Ewe k'Eike"? Of variasies "Ewe Kyke" / "Ewe Keike" en dies meer.

Sinspeling op die Nederlandse sêding "ewe kijke" en die naam "Eikestad". Ek het dit gehoor jare gelede by 'n Hollandse toeris hier op Stellenbosch wat die spot gedryf het met ander Hollands toeriste wat in Dorpstraat afloop en gaan stilstaan met die oë so af na die kaart en op na die oue geboue.

Groetnis

André

 


 

"Letterlik"

Mandi Botha

 


 

Hiermee 'n paar voorstelle vir die feeskoerant.

1. Ghoema

2. Konka

3. Wys

4. Snak

5. Rits

6. Snaar

7. Pas

8. Loep

9. Wortel

10. Babbel

11. Kyker

12. Inboks

13. Feeskat

14. Lekker-bek

15. Voetlig

16. Feesnet

17. Plakkaat

Zandra Bezuidenhout

 


 

Wat van WOORDELIKS?

Groete

Maxie Heppell

 


 

BOSFEES

Louis van Vuren

 


 

"GRIFFEL"

 Llewellyn Abdoll

 


 

Miskien wen ek die 5 dubbelkaatjies met hierdie naam vir die feeskoerant:  “Mee - bos -gekonfyt”!  Of net: “Meeboskonfyt”.  Of net “Konfyt”.  Dink net hoe mooi gaan die slagspreuk: “Kom vier Fees in die Bos met die feeskoerant: “Meeboskonfyt”! klink.

Vriendelike groete,

Carin Lawrie.

 


 

Hallo!

My voorstel vir 'n gepaste naam vir die US Woordfees se feeskoerant is een van die volgende twee:

Kekkel en Kraai; of

Cackle en Kraai

Kan jy glo! Kekkel en Kraai of Cackle en Kraai gaan al daardie Kekkelaars (woordsmede, joernaliste, resensente, kunskenners, kunstenaars en akteurs) se kekkelary op papier vaslê en dit op die Eikewerf, uitKraai.

Ek gaan die hoenders in wees as ek dit nie kan maak na die Eikewerf nie.

Koekelakoe!

Anton Lombard

 


 

Woord Flits

Trudie Niehaus

 


 

Hier is my voorstelle:

*   , feesvanger (komma feesvanger)

*  de braak

*  korrel

Tessa

 


 

Voorstel: Die woord

Vicky Stemmet

 


 

Ek skryf graag die volgende name in:

Matiemakietie
Woordpalet
Woordtablet
Feeslees
Kontras & Konteks
Teks & Konteks
Woord

Vriendelike groete

Jo-Ansie van Wyk

 


 

Woordjie

Volgens die HAT, beteken om 'n woordjie saam te praat oor iets, om deel te neem aan die gesprek. Dit is presies wat die feeskoerant doen. "Woordjie" lê ook gemaklik op die tong.

Sunita Keyser

 


 

Nog 'n voorstel:

Scrivener

Groete

Anton Lombard

 


 

1. Onse-Woord-Speel-Week-Blad

2. Onse-Daaglikse-Woord-Blad

Hanneli Maré

 


 

Die Skoop

J Zeeman

 


 

Hallo. Hier is my voorstel vir die feeskoerant. Na aanleiding van 16 onse wat ’n pond maak en die tema van die fees, dink ek die titel moet wees RESPONS. Die koerant gaan tog reageer op dinge wat gebeur, gebeur het en gaan gebeur. Dit kan deur albei taalgroepe verstaan word. Net nie nou dit verengels met RESPONSE nie, dan is die ONS-idee verlore.  Sjoe, sal graag daardie kaartjies wil wen en langs die Eersterivier sit om my RESPONS deur te lees!

Groete

Annette du Plessis

 


 

  1. Oopmond
  2. Dialek
  3. Skerp
  4. Trant
  5. Mondig
  6. Sprak
  7. Tolk
  8. Lip
  9. Pond (nav 16 onse)
  10. Fokaal (wat betrekking het op of behoort tot ’n brandpunt/fokus.  Sinspeel ook op vokaal en lokaal.)

J. Zeeman

 


 

  • Woordkoors
  • Kors/kors
  • Woordkors
  • Woordbrood
  • Tros
  • Woordtros
  • Pagina
  • Fladder

Helene Smith

 


 

Die WoordBak FeesBlad

Hanneli Maré

 


 

m.a.w.

J. Zeeman

 


 

Voorstel: VerbUS (die Latyns vir “tydige woorde”), waar verder die “Verb” die Latyn vir “werkwoord” is, die eerste drie letters VER die Latyn vir Lente is, en die US verwys na die Universiteit van Stellenbosch. Dus sommer vele betekenisse in een woord saamgevat.

Groete

Christo Viljoen

 


 

Voorstel vir naam van koerant : WOORDSê of WOORDE

Anna Spaarwater

 


 

My voorstel vir 'n naam is die volgende:

kUnS-Bytjie.

Die Kuns dui op die Woordfees se produkte wat almal met die Kunste te doen het. Die groot U en S in kUnS is die US. Die bytjie is drieledig in betekenis:
1. Bytjie is die opbouende kritiek op die werke
2. Bytjie is ook die heuningby wat dui op die heuningkwas vir goeie werke, maar ook op die bysteek  (opbouende kritiek) vir ontwikkeling van potensiaal 
3. Laastens is daar ook die verwysing na bestuiwing en kruisbestuiwing deurdat Kunstenaars en die publiek en studente ervaringe in die Feesblad met mekaar kan deel en mekaar wedersyds kan inspireer, op hoogte hou en inlig ...
4. Die By van By-tjie ook verwys na 'n by-voegsel soos die By van Die Burger!

Dankie vir die geleentheid

Danie Schoeman

 


 

wikkelwoord
(na aanleiding van die Afrikaanse vetaling vir Shakespeare: Wikkelspies)

Etienne Viviers

 


 

Vir woordfees se dagbladnaam:

dorothea

Hannes Steyn

 


 

Voorstel: Akkerpit

Jo Fourie-Symmons

 


 

My voorstel vir hierdie koerant se naam is: "Doodkry is min". Hierdie Woordfees se doel is immers om die kunste in AL sy vorme te laat voortleef en van krag tot krag te laat gaan en so die LEWE te vier.

Ingestuur deur Petro Bezuidenhout van Bloemfontein.

Mag al die programme seepglad verloop.

 


 

1. Stem-innie-bos

2. Woordbos

3. Sprook / Sprak

4. Woordvloed

5. Spreekbuis

6. Letterkneg

7. In Woorde / In Woorden

8. Lettervas

9. Praatsiek

10. Rostrum

11. Causerie / Causeur

12. Ommiebos

13. Snapper

14. Snater

15. Blaaskaak

Gideon Strydom

 


 

WoordVraat
Wandelende Woord
WoordBoord

Groetnis

Gisela Ullyatt

 


 

Wat van die naam Comment?

comment. - commentarius of commentatio (Latyn), verklaring, opheldering of uitleg (WAT)

Anton Lombard

 


 

WOORDWEET

Hugo Biermann

 


 

My voorstel vir die naam van  Woordfees-feeskoerant is: “BEK” of “VOLBEK”.

Groete

Niel du Bois

 


 

PRAAT

Una Engelbrecht

 


 

Wat van die naam Comment?

comment. - commentarius of commentatio (Latyn), verklaring, opheldering of uitleg (WAT)

Anton Lombard

 


 

Moontlike name vir die Woordfeesblad

  1. Woordeier (eiertjie te lê)
  2. Resensie-spensie
  3. Woordbussie
  4. Voorspel (dubbelsinnige betekenis) 
  5. Paella (samevoeging van ‘n klomp goed en sluit aan by die Vette Mossel wat eie aan die Woordfees is)
  6. Kraak (oopbreek van die woordfees se inhoud)
  7. Skalpel (skerp messie wat in chirurgiese operasies gebruik word – ontleding van die Woordfees)
  8. Resenator (kombinasie van resensie en literator)
  9. Woordmeter (meet die inhoud van die woordfees)
  10. Attes (skriftelike getuienis, getuigskrif)
  11. Radar
  12. Persepsies
  13. Uitlatings
  14. Woordboord ( oes van die woordfees)
  15. Spreekbuis
  16. Analis
  17. Mikroskoop
  18. Barometer
  19. Parallel
  20. Rimpels
  21. Ontbloot
  22. Mosaiek

Marthe McLoud

 


 

opdedot
 
Meisie Steyn

 


Die Pieke - Met 'n logo wat herinner aan die Taalmonument?

Sherry

  • 6

Kommentaar

  • jan van der merwe

    My voorstel vir die naam van die feeskoerant is : Die Bostelegram.

     Dankie

    Jan van der Merwe

    082 828 7956

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top