Uitslae: Die BSV-skryfkompetisie 2014

  • 0

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfwedstryd, vanjaar weer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), het weer vanjaar honderde inskrywings uit alle provinsies van Suid-Afrika en van oorsee opgelewer Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), is dit weer eens ’n bewys dat hierdie gevestigde skryfwedstryd ’n nasionale (en selfs internasionale) profiel toon en ’n baie belangrike bydrae lewer tot ’n belangstelling in kreatiewe skryfkuns in Afrikaans onder oud en jonk. Die BSV kan met trots terugkyk na ’n hele lys gerekende en bekroonde skrywers wie se sluimerende skryftalent aanvanklik deur die BSV-skryfwedstryd uitgewys en daarna met ’n slypskool ontwikkel is.

Altesaam R15 000 se pryse is vanjaar deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV uitgeloof en vyf BSV-wisseltrofeë vir skole was op die spel. Hoërskool DF Malan het vanjaar vier wisseltrofeë, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings, ingepalm – ’n jarelange rekord waarop hul trots is en wat moeilik deur ander skole geëwenaar gaan word. Hoërskool Jim Fouché het die Poësie Skoletrofee ingepalm met ’n eerste en tweede plek in poësie. Heel ongewoon was ’n aanmoedigingsprys vir ’n laerskoolleerder, 12 jaar oud, van Universitas Primêr wat teen hoërskoolleerders deelgeneem het.

Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2014 gebundel word en op 23 Augustus 2014 uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers,geborg deurAfriforum, by die Noorderbloemsaal in Bloemfontein oorhandig word. Benewens die prysgeld en trofeë, kan die skryfwedstrydwenners ’n daglange slypskool onder leiding van Chanette Paul, wat nie net Lapa-uitgewers se gewildste Lekkerlitskrywer is nie, maar ook vanuit ’n uitgewersperspektief kan praat, as deel van hul prys gratis bywoon. Beskikbare plekke vir die publiek is alreeds besig om vinnig minder te word. Belangstellendes wat die slypskool teen R300 wil bywoon (BSV-lede betaal R160), of Inkvars 2014 teen R80 per eksemplaar wil aanskaf, kan Lelani Fourie (BSV-sekretaresse) by bloemsv@gmail.com, of sel. 0733883377 kontak.

Wenners van die BSV se "Skrywers 2014"

SKOLE-AFDELING (A):

JUNIOR AFDELING (graad 8 en 9)

1ste (R1200) en trofee: Christi Barkema, graad 9, Hoërskool DF Malan, Bellville.
2de (R700):                   Dominic Roux, graad 9, Hoërskool DF Malan, Bellville.
3de (R400):                   Marize Meyer, graad 9, Oranje Meisieskool, Bloemfontein.
Eervol vermeld:             Izel van Zyl, graad 9, Oranje Meisieskool, Bloemfontein.

SENIOR AFDELING (graad 10 – 12)

1ste (R1 400) en trofee:  Carli Blignaut, graad 12, Hoërskool DF Malan, Bellville.
2de (R800):                    Zanré van Staden, graad 11, Hoërskool DF Malan, Bellville.
3de (R500):                    Simònn Meyer graad 11, Hoërskool DF Malan, Bellville.
Eervol vermeld:             Anneke Tucker, graad 10, Hoërskool DF Malan, Bellville.

ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER:

Carli Blignaut, graad 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

OPE AFDELING DS (Poësie Skole):

1ste (R1 400) en trofee: Jemima Meyer, graad 11, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.
2de (R700):                    Handré Jankowitz, graad 10, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.
Aanmoedigingsprys:      Elize Hoffman, 12-jarige, Universitas Primêr, Bloemfontein.

OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):

1ste (R1400) en trofee: Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein.
2 de (R800):                  Fred Charly, Lichtenburg.
Eervol vermeld:            Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein.

OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):

1ste (R1 400) en trofee: Elize Zeeman-Olivier, ‘sGravenzande, Nederland.
2de (R800):                   Dunes van der Merwe, Strand.
Eervol vermeld:             Coen Basson, Oudtshoorn.

OPE AFDELING D (Poësie):

1ste (R1 400) en trofee: Hilda A Smits, Nashville, VSA.
2de (R800):                    Karen van Vuuren, Woodland Hills, Bloemfontein.
Eervol vermeld:             Leunis van Rooyen, Brixton.

TROFEË:

HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool DF Malan, Bellville.
Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool DF Malan, Bellville.
Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool DF Malan, Bellville.
Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool DF Malan, Bellville.
Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.
Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners toegeken.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top