Uitnodiging: Skrik op die lyf

  • 0

Bron van prent: http://en.wikipedia.org/wiki/File:The_Scream.jpg

Is jy bonatuurlik woordbegaaf, met ’n verbeelding soos ’n vingernael wat oor ’n swartbord knars?

Skryf dan ’n gru-storie vir ons nuwe bundel, Skrik op die lyf.

Daar is  kontantprys op die spel ...

Gerda Taljaard en Deborah Steinmair, in samewerking met Tafelberg-Uitgewers, nooi jou om ’n verhaal oor die mistieke, magiese, bosinnelike, onsigbare, onverklaarbare, metafisiese, onaardse, okkultiese en transendente te skryf. Oor kwelgeeste, goëlgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, spookligte – oor enigiets wat nie wetenskaplik verklaar kan word nie.

Instruksies:

  • Stuur jou verhaal, of ’n maksimum van twee verhale, nie later nie as 15 Januarie 2015 aan Gerda Taljaard by gerdagilson@gmail.com of aan Deborah Steinmair by: deborah.steinmair@gmail.com.
  • Jou storie moet tussen 800 en 3000 woorde lank wees.
  • Laat ons asseblief so gou moontlik weet of jy aan boord van die spookskip gaan wees!
  • Jy sal op ’n pro rata-basis daarvoor vergoed word (wat beteken dat elkeen wat tot die bundel bydra, sal deel in die totale inkomste uit die verkope van die bundel). As jy meer hieroor wil weet, e-pos gerus vir Riana Barnard by rbarnard@tafelberg.com.
  • Die verhale sal deur die samestellers gekeur en in samewerking met die skrywer geredigeer word.
  • ’n Kontantprys van R3000-00 sal aan die skrywer van die beste storie toegeken word. Let wel: Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Wees bevrees.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top