Tien vrae en 'n uittreksel: Boer kry 'n vrou deur Jan van Staden

  • 17

Boer kry 'n vrou
Jan van Staden
Tafelberg Uitgewers
ISBN: 9780624073697

Waarskuwing: Net soos die hygliteratuur wat in LitNet se LêNet-afdeling verskyn, is hierdie onderhoud – asook die inhoud van die boek waaroor die onderhoud handel – nie vir jong lesers geskik nie. Die uitgewer meld ook duidelik: "Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie."

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Skrywers oor hul nuwe boeke: Jan van Staden oor Boer kry 'n vrou.

Hallo Jan, wil jy vir LitNet se lesers vertel wie jy is en of jy al ooit vantevore vir LitNet geskryf het?

Ek is in die Pelgrimsrus-distrik gebore en het aan die Vaaldriehoek Universiteit van Tegnologie en aan Unisa studeer. Ek werk die afgelope dekade by Sasol. Ek is ’n aktiewe lid van die gimnasium en het vir jare ’n streng liggaamsbouprogram gevolg. Ek is lief vir jag en die natuur en het nog altyd daarvan gedroom om eendag te skryf.

Waarom het jy Boer kry 'n vrou geskryf? Die kykNET-reeks Boer soek 'n vrou (al die seisoene daarvan) was tot dusver baie gewild. Is jou idee vir jou boek hoegenaamd daarop gebaseer?

Ek het daardie reeks wel as agtergrond vir die boek gebruik. Ek het al verskeie verhale op LêNet geplaas onder die skuilnaam Cheetah (ek is ’n groot Cheetahs-rugbyondersteuner) en dít is waar Riana Barnard, uitgewer by Tafelberg, my raakgesien het en my toe aangemoedig het om ’n boek te skryf. In Boer kry ’n vrou wou ek graag op die man af uitbeeld wat moontlik agter die skerms in ’n werklikheidsreeks soos Boer soek ’n vrou kan gebeur.

Het jy op enige plek in die manuskrip ’n dooie punt bereik, en indien wel, wat het veroorsaak dat jy dit kon oorkom?

Ek het verrassend vloeiend aan die boek geskryf. My grootste uitdaging was om die liefdestonele op die man af te skryf.

Wat was vir jou die belangrikste: plot, karakter, ruimte, atmosfeer of tema? (Of iets anders – en, indien wel, wát?)

Beslis die ruimte en die atmosfeer. Ek wou graag die gebeure realisties uitbeeld – dit moet so na as moontlik aan mense se werklike denke en dade wees. Dis fiksie, maar ek het baie daarvan op werklike stories gebaseer waarna ek om kampvure en in kroeë geluister het.

Wat dink jy van die hygliteratuur-genre? Is dit moontlik om seks en die letterkunde op 'n smaakvolle wyse te versoen?

Ek dink lesers word beslis geprikkel deur die taboes wat onder die lakens gebeur, ongeag die oorweldigende negatiewe kommentaar. Die internasionale topverkoper Fifty Shades of Grey het dit bewys.

Skrywers het nie ’n pensioen nie, boeke maak meestal nie ryk nie - behalwe dalk skrywers van hygromans ... of hoe? Waarom skryf jy?

Geld is glad nie my motivering nie. Ek het nog altyd daarvan gedroom om eendag te skryf – veral liefdesverhale, want ek verslind Mills & Boon. Dís waarom ek vir LêNet begin skryf het.

Werk jy reeds weer aan ’n volgende manuskrip?

Ek het nog twee manuskripte in die laai en ek hoop hulle sal die lig sien.

Wie is jou skryfhelde (plaaslik en Afrikaans, maar ook internasionaal)?

Ek lees elke boek waarop ek my hand kan lê, maar ek verkies skrywers soos Wilbur Smith, Jeffrey Archer en enigiets wat na hygliteratuur neig.

Wat dink jy van die Afrikaanse letterkunde op die oomblik – die boeke wat verskyn (en dalk ook in die onlangse verlede verskyn het)?

Afrikaanse skrywers is te konserwatief wanneer hulle liefdeslewens skryf, waarskynlik omdat die Afrikaanse gemeenskap nog konserwatief is hieroor. Ek wag in spanning om te sien wat lesers van Boer kry ’n vrou dink.

Laai 'n uittreksel uit die boek as voorsmaak af.

  • 17

Kommentaar

  • Boek gelees en kon dit nie neersit tot ek klaar gelees het nie. Net een ding wat so bietjie vergesog was is die hoofkarakter se meneer wat regop spring as hy 'n ding sien wat bra of rok dra ... As daar dalk 'n volgende boek is dink so bietjie daaroor ... Wanneer skryf jy weer iets oor lente?
    Groetnis

    • Elkeen is geregtig op sy eie opinie Ek is spyt ek het geld gemors op die boek. Absoluut oppervlakkig. En ek is nie so eng nie want Fifty Shades of Grey het ek al drie boeke geniet. Die boek is pleinweg kommin, platvloers en goedkoop!

  • Ek is driekwart met die boek. Baie geboei aan die begin, maar raak nou bietjie afgesaag. Glo meeste is op fiksie gebasseer aangesien 'n vrou nie 3 keer agtermekaar orgasme bereik nie. Of is ek verkeerd? En hy staan darem te vinnig regop as hy 'n vrou net "sien". Raak hy nie moeg van so baie seks nie? En die feit dat hy nog net eenkeer 'n kondoom gebruik het, moes hy nie al siektes opgedoen het nie? Aangesien Janet ook al lekker rondgeslaap het. Pleinweg, ek dink geen vrou sal vir so 'n tipe man gaan nie. Jy kan hom nie vertrou nie. Sy meneer is permanent op aandag! Maar nou ja als maar net 'n storie. Maar Juan is bietjies te erg.

    • Dankie Hannelie, vir eerlike kommentaar. Daar is 'n groep van ons wat nie die boek sal koop nie. Ek wil graag aan hulle erkenning gee.
      Miskien is dit omdat ons direk met VIGS gevalle en gebroke huwelik moet werk, omrede van die seksuele wat handuit ruk en derde partye 'n ewige verwerpingletsel op enkelouerkinders laat. Die harde werklikheid is soms veel erger waarmee gedeel moet word agv seksuele fiksie-manipulasie.
      As die boek enigsins die verkeerde aanwakker in huwelike, of moontlik in kinders se hande kan beland wat nog nie die onderwerp kan hanteer nie, is my antwoord "Nee" vir die boek.

  • Ek het die boek gister begin lees want ek geniet Afrikaans meer as Engelse boeke (alhoewel 50 shades 'n baie mooi storielyn het). Die boek sover is boeiend, maar ek kan sien as die seks nie soms afgewissel word met 'n " storielyn en iets wat boei" nie, gaan dit vervelig word. Fiksie of nie, geen man is heeltyd orent as hy 2 bene met 'n plat gleuf sien nie, en geen vrou kan 3 x orgasmes bereik nie. Ek dink net mens moet alhoewel dit fiksie is, ook tred hou met die realiteit van 'n ding soos seks en orgasmes ens. Mans sal dalk meer geneig wees tot NET SEKS heeltyd in so boek, maar 'n vrou koop 'n boek vir iets dieper en passievoller ook. 'n Vrou wil darem na haar asem snak ook, en nie net heeltyd frons oor die man se "geelslang" wat op aandag staan nie. Net 'n gedagte ... vrouens is mal oor seks, maar ons hou ook van romanse en passie ... en liefde.

  • Gister aand boek klaar gelees. Voel jammer vir Hannalie en Marilet, duidelik was hulle nog nooit in 'n bekwame man se hande nie. Dames, 'n vrou kan BAIE meer as 3 keer 'n orgasme bereik, ek praat uit ondervinding. Ek dink net ook Juan is heeltemal te buite beheer wat sy sexdrang aanbetref. Hy is soos 'n tiener wat nie sy hormone kan beheer nie en 'n man wat 'n vrou dan so mooi kan raakvat soos hy moet mos al teen die tyd bietjie selfbeheersing geleer het. Ek dink ook nie een man kan in een dag so baie styf word en 5 vrouens na mekaar bykom nie, al is hy 26. Bietjie onrealisties. Ook nie daarvan gehou dat hy kamstig sterk gevoelens het vir Carla maar dan saam met hoeveel ander vrouens in die bed spring nie. As mens verlief is het mens net lus vir daai een spesiale mens. So vir my het hy ware liefde bietjie goedkoop gemaak en hulle is te vinnig intiem met mekaar. Ek kan nie dink as mens iemand nou net ontmoet jy gaan hom soen en druk nie, 'n langer hofmakery sou baie meer indruk geskep het en die tone laat omkrul het van lekkerte wanneer hulle uiteindelik intiem is. Ek gee Jan 7 uit 10 want daar is goeie humor en ek het 'n paar keer kliphard gelag. Aksie was ook goed, net jammer daar was nie genoeg nie. Skryf volgende keer vir ons bietjie meer aksie en minder sex. Was net so klein bietjie te veel. En wat van net een man en een vrou? Net 'n voorstel. Ek sal weer jou boek koop want dit was goeie vermaak.

    • Rika, net terloops ... my man is meer as bekwaam, ek kla nie oor my man se vermoëns nie, ek kla net oor die seksmal Juan wat Gods gift to orgasms is ...

  • Ek was teleurgesteld. Aanvanklik was dit interessant, maar het my later gewalg. Daar word aan iets wat mooi is, 'n goedkoop smaak gegee en 'n bespotting van gemaak. Ek het halfpad (met die Duitse ma en dogters) opgehou lees en die boek verbrand.

    Waarom kan daar nie ook 'n ouderdomsbeperking op boeke verskyn soos op films nie?

  • Baie dankie vir elke een se kommentaar. Net soos met "Fifty Shades of Grey" het elke leser sy of haar voorkeure as dit kom by seksromanse.Maar soos met elke skrywer leer ons uit alle negatiewe en positiewe resensies.

  • Ek was dringend op pad na ’n regeringsvergadering in Upington toe ek by die lughawe gou ‘n Huisgenoot gesoek het om op vliegtuig te lees. My oog vang toe die boek - het nie bril opgehad nie - en lees boer soek ‘n vrou. Die font vd druk was lekker groot, ens. Ek gryp die boek en hol om nie my vlug te verpas nie. Min wetend wat die inhoud behels. Daar bo in die wolke gryp ek die boek en begin lees - ek skrik so groot, want die man wat langs my gesit het praat ook Afrikaans en het elke nou en dan gekyk wat ek lees. Hy moes dink ek was baie orig. Wel dit was absoluut die uitwerking . Ek kon nie wag dat die vervelige vergadering kon verdaag nie sodat ek by Mug & Bean kon verder lees. My man was ’n baie gelukkige man vir ’n week. Hy het gesê hy gaan vir Jan skryf en vra om ’n hele reeks vd leesstof te skryf. Ek kan nie wag vir die volgende boek nie.

  • Jan jou boek doen wonders! Toe ek begin lees het, het ek skaam gekry en paar stukke oorgeslaan, maar na eerste hoofstuk hom verslind! Wonders aan my vrouwees gedoen, en ek kan nie wag vir volgende uitgawes nie! Besluit om hom weer te lees, net ingeval ek iets gemis het! Elmarie

  • Ignatius Erasmus

    Die boek was vir my maar flou. Teen die agtergrond geskryf van ’n boer in die bosveld. Ek boer self. Jy boer nie met 5000 beeste op 4800 ha nie. Saam met renosters en leeus en wat nog meer. Die bosveld sukkel om 200 bees op 3000 ha te hanteer. Dan die ding met ’n 50-kaliber geweer in ’n wagtoring. Regtig. Dis die tipe onsin wat jy in ’n 8 uur Sondag-fliek sien. Dan die ding dat hy eers met ’n vliegtuig vlieg om koördinate te kry en dan die volgende dag terug na die plek om wild met sy chopper te tel. Ons doen dit regtig nooit so nie. Dan sy rugbypel wie se vrou hy bygekom het. Regtig, ’n probleem soos daai verdwyn nie net nie. Al hierdie onakkuraatheid. Het gesorg dat ek die hele " sex"-prentjie wat Jan wou skep, gemis het.

  • Ek het so pas Jan se boek klaar gelees. Sy seks-ervarings is goed beskryf maar die realiteit van fisiese vermoëns en ervarings van beide Jan en sy bedmaats bietjie oordryf. So asof dit 'n fantasiewêreld is waarin Jan graag sou wou bly en die held wees ... En kon daar darem nie meer van 'n verhaal gewees het nie? Maar genoeg negatiwiteit, gee ons nog Jan.

  • Die dag wat ek die boek gekoop het, het ek dit klaar gelees. Ek dink nie dis so fantasties nie omdat seksuele omgang heeltyd plaasvind en geen goeie romanse nie. Die seks wat plaasvind word heeltyd herhaal en raak later vervelig en "old school". Sy meneer kan moontlik nie elke keer regop staan wanneer daar 'n vrou voor hom staan nie, dis waar daar te veel oorgereageer was. Met tyd sal jy as man later moeg raak vir seks. Juan was bietjie te erg.

  • Ek het die boek gelees op aanbeveling van my eks wat toevallig op die boek afgrkom het. Liewe hemel, Jan. Ek dink ook van die storie is heeltemal oordonder met seks met sooveel vroue na mekaar? Is dit moontlik? Maar ek hou van die storie en kon dit nie neersit nie. Sê baie vir iemand wat NIKS van lees hou nie. Waar's jou volgende boek?

  • Ek het my boek verbrand ... en ook nie verder gelees nie. Net nie my koppie tee nie ... nee, dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top