The Iron Lady treffend en roerend

  • 0


The Iron Lady

Regisseur: Phyllida Lloyd
Kamerawerk: Elliot Davis
Rolverdeling: Meryl Streep, Jim Broadbent, Alexandra Roach, Olivia Colman, Anthony Head, Richard E Grant, Harry Lloyd
Tydsduur: 105 minute
Musiek: Thomas Newman

Rooney Mara (The Girl with the Dragon Tattoo) was my keuse as Oscar-wenner – totdat ek Meryl Streep in hierdie fliek gesien het. Vir haar spel alleen, nee, haar transformasie in Margaret Thatcher, moet ’n mens dit gaan kyk.

Dié biofilm oor die beroemdste Britse premier sedert Winston Churchill kan sy plek trots inneem tussen soortgelyke films oor Howard Hughes, Frida Kahlo, Ray Charles en Edith Piaf. Dit gee sekerlik nie die beeld van Thatcher as mens en politikus nie, maar as ’n beeld van hierdie merkwaardige vrou is dit treffend en roerend.

Wat my bybly, is hoe raak die benaming “The Iron Lady” is – ’n besonder gepaste titel vir die film. Dis Thatcher se wil van yster wat van haar ’n suksesvolle premier gemaak het wat drie termyne kon dien, maar dis ook haar onbuigsaamheid wat tot haar ondergang gelei het.


   

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top