Skryfkompetisie: Beeld Afrikaans uit

  • 1

Die wenner van dié kompetisie is Izak van Rensburg. Die prys is aan hom toegeken vir die volgende drie gedigte:

te taal vir woorde

Lekeverse in Afrikaans, as aanbrandsels

Die laaste Afrikaanse bloggedig

Baie geluk, Izak!

DJ Opperman is een van ons grootste bydraers tot Afrikaans se woordkuns en sou op 29 September vanjaar sy 100ste verjaarsdag gevier het.

In Ons gaan ’n taal maak skryf Jaap Steyn dat Opperman se eerste bundel amper nooit verskyn het nie:

"In 1945 het die eerste bundel van nog 'n groot digter, DJ Opperman, verskyn. Dit is eers deur die Nasionale Pers afgewys, met die papierskaarste as verskoning. Teen die einde van 1943 het Opperman dit per brief aan Fred le Roux van Die Huisgenoot meegedeel. Fred het die saak op sy beurt by sy redakteur, Markus Viljoen, opgehaal, wat met die uitgewery gaan praat het. Gevolglik het die Nasionale Pers dit wel uitgegee. Die bundel, Heilige Beeste, het in 1945 verskyn en is met die Hertzogprys bekroon" (299).

Skryfkompetisie:

Dra jou deel tot ons taalerfenis by deur Afrikaans met woorde uit te beeld. Jou inskrywing kan enige kreatiewe vorm (poësie, prosa, skets) aanneem, maar ’n beperking van 600 woorde geld.

Jy kan ’n kopie van Ons gaan ’n taal maak deur JC Steyn wen.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2014

Stuur jou inskrywing aan wen@litnet.co.za.

Ons gaan ’n taal maak kan by Kraal-uitgewers bestel word.

Prys: R395 (R80 posgeld uitgesluit)
Spesifikasies: Sagteband, 624 bladsye, 20 cm x 25 cm
Skrywer: JC Steyn
ISBN: 9780987025692

  • 1

Kommentaar

  • Izak van Rensburg

    Baie, baie dankie Naomi . Die poskoets het met die Groot geskenk hier aangekom. Ek sal hierdie naslaanwerk oor die geskiedenis van ons Moerdertaal koester en die gebruik daarvan deurgaans uitermate geniet .

     Izak ( alias kammakazi

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top