Lirieke | Lyrics

 
Sing 'it-advertensies en -foto’s

 

TV advertisements | TV-advertensies

 
 
 
 
 
 
 
 
   


Press release for TV advertisement


Persverklaring vir TV-advertensies

 


 


Radio advertisement | Radio-advertensie

 


 

Pictures of the video shoot | Foto's van die verfilming

 

Sing 'it winners 2011

Nine hitherto unknown local songwriters have made the cut in the South African music industry – thanks to the Sanlam/LitNet Sing ’it competition which was launched in September last year. Now the public will have a chance to listen to all the winning songs!

For this unique competition, a collaboration between lead sponsor Sanlam, organisers LitNet and MK (DStv channel 324), and nine of the country’s top singers and bands, invited South Africans to enter their lyrics for selection, composition and possible recording by the artists, and now the bands have chosen their winning songs from more than 1 600 entries.

Each winner receives R3 000 in cash and an iPad 2, and has the honour of having his or her song recorded by the artist/band who selected it.

All nine songs will be available for free download from 20 February to 12 March on the Sing ’it website (www.singit.co.za). The song that is downloaded the most will receive a music budget from MK, and the lyricist will have the opportunity to feature in the video.

The winning lyrics are from:

  • Bruno Andries (Knysna). His song "Bonnie and Clyde" was chosen for recording by Karen Zoid.
  • Natascha Swart (Centurion) entered "A silent memory", chosen for recording by DJ Cleo.
  • Pierre Smith (Somerset West) wrote "Die ouer ek", a winner for Dans Dans Lisa.
  • Michelle Francis (Newtown) entered "Magic", a hit for Niskerone & SFR.
  • André Vrdoljak’s (Pretoria) song "Zombies in the bathroom" had what HHP was looking for.
  • JP Jansen van Vuuren’s (Potchefstroom) "Blackout" will be recorded by Dance, You're on Fire.
  • Zan-Mari Vosges (Middelburg) wrote "Panik Button" for Jax Panik.
  • William de Bruin’s (Pretoria) entry "Erdeskerwe Israeliet" has been chosen by Bittereinder for recording.
  • Kevin Murray’s (George) "Inspired by" inspired iScream & the Chocolate Stix to choose it for recording.
Hip hop sensation HHP explains his choice: “I chose the entry with the most gripping title: ‘Zombies in the bathroom’. Unlike ‘Baby I'm sorry’ or ‘Summertime’, this title doesn’t give you the whole story up front. I believe a title alone should make you want to hear the entire song, and ‘Zombies’ did that for me.”

Fans can also expect a different style from HHP. “I went very ’new school’ in the production of this song … much more English than my usual Setswana.”

DJ Cleo remarked: “It's amazing how a lot of people want to be famous singers and overlook song-writing as a career opportunity. The level of skill and poetry I’ve seen is amazing.”

Comments Andre Kearns, Sanlam sponsorship manager: “The choice of lyrics mostly mirrors the particular artist’s style, and South Africa can look forward to a good mix of local talent, which is exactly what Sanlam is celebrating and supporting. The purpose of the competition is to give a platform for our youth to be creative and to create music that will be there for years to come.”

Sing ’it, and the number of entries on debut, “shows that our diverse youth are hungry for channels to express their feelings on especially the current state of our nation,” says LitNet’s Steyn du Toit, project manager.

More information about the competition can be viewed at www.singit.co.za, www.facebook.com/singit.co.za or via Twitter: @singit2011.


Sanlam en LitNet kondig liriekskryf-wenners aan

Nege tot nou toe onbekende plaaslike liedjieskrywers het hul merk in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak – alles te danke aan die Sanlam/LitNet Sing ’it-kompetisie wat verlede jaar in September van stapel gestuur is. En nou het die publiek die geleentheid om te hoor hoe al die liedjies klink!

Hierdie unieke kompetisie, ’n medewerking tussen die hoofborg, Sanlam, organiseerders LitNet en MK (DStv-kanaal 324) en nege van die land se voorste sangers en musiekgroepe, het Suid-Afrikaners genooi om lirieke in te skryf vir keuring, toonsetting en moontlike opname deur die kunstenaars – en nou het die kunstenaars hul wenliedjies uit meer as 1600 inskrywings gekies!

Elke wenner het R3 000 kontant ontvang, asook ’n iPad 2, en het die voorreg dat sy of haar liedjie deur die kunstenaar wat dit gekies het, opgeneem is. Sing’it-aanhangers kan nou al nege liedjies gratis van die Sing ’it-webblad (www.singit.co.za) aflaai vir ’n tydperk van drie weke, vanaf 20 Februarie tot 12 Maart. Die liedjie wat die meeste afgelaai word, sal ’n musiekbegroting van MK ontvang, en die liriekskrywer sal die geleentheid kry om in die video te verskyn.

Die wenlirieke is deur:

  • Bruno Andries (Knysna). Sy liedjie "Bonnie and Clyde" is vir opname gekies deur Karen Zoid.
  • Natascha Swart (Centurion) het "A silent memory" ingeskryf, ’n liedjie wat vir opname deur DJ Cleo gekies is.
  • Pierre Smith (Somerset-Wes) het "Die ouer ek" geskryf, ’n wenner vir Dans Dans Lisa.
  • Michelle Francis (Newtown) het "Magic" ingeskryf, ’n treffer vir Niskerone & SFR.
  • André Vrdoljak (Pretoria) se liedjie "Zombies in the bathroom" was net waarna HHP op soek was.
  • JP Jansen van Vuuren (Potchefstroom) se "Blackout" sal deur Dance, You're on Fire opgeneem word.
  • Zan-Mari Vosges (Middelburg) het "Panik Button" geskryf, vir Jax Panik.
  • William de Bruin (Pretoria) se inskrywing "Erdeskerwe Israeliet" is deur Bittereinder vir opname gekies.
  • Kevin Murray (George) se "Inspired by" het iScream & the Chocolate Stix laat regop sit – en hulle gaan dit opneem.

Hip-hop-sensasie HHP verduidelik sy keuse: “Ek het die inskrywing met die treffendste titel, ‘Zombies in the bathroom’, gekies. Anders as ‘Baby I’m sorry’ of ‘Summertime’ verklap hierdie titel nie die hele verhaal nie. Ek glo dat ’n titel mens moet prikkel om die hele liedjie te wil hoor, en ‘Zombies’ het daardie impak op my gehad.”

Aanhangers kan ook ’n ongewone styl van HHP te wagte wees. “Ek het ’n baie ’new school’-benadering gevolg met die opname van die liedjie ... baie meer Engels as my Setswana wat ek gewoonlik gebruik.”

DJ Cleo merk op: “Dit is verbasend om te sien hoeveel mense daarna streef om bekende sangers te wees, maar vergeet dat die skryf van lirieke ’n opwindende loopbaankeuse bied. Ek was oorbluf deur die kundigheid en poësie (in die inskrywings).”

Sanlam se borgskapbestuurder, Andre Kearns: “Die keuses wat lirieke betref, weerspieël meestal die betrokke kunstenaar se styl. Suid-Afrika kan na ’n lekker mengelmoes van plaaslike talent uitsien – en dit is presies wat Sanlam wil vier en ondersteun.  Die doel van die kompetisie is om vir ons jongmense ’n platform te skep om hul kreatiwiteit uit te leef, en om musiek te skep wat nog lank in die toekoms met ons sal wees.”

Sing ’it, en die aantal debuut-inskrywings, “wys dat ons uiteenlopende jongmense honger is vir kanale waarin hulle hul gevoelens kan uitspreek, veral wat betref die huidige stand van ons nasie,” sê LitNet se Steyn du Toit, die projekbestuurder.

Vir meer besonderhede oor hierdie kompetisie, besoek asseblief ons webblad, www.singit.co.za, of www.facebook.com/singit.co.za, of via Twitter: @singit2011.

Vir enige mediaverwante navrae kan na die volgende persone verwys word:

Steyn du Toit
Sing’it Projekbestuurder
Tel:    021-886-5169
Sel:    082-339-5766
E-pos: steyn@litnet.co.za

Sonja Conradie
Eksterne Kommunikasie Praktisyn
Sanlam Korporatiewe Aangeleenthede
Tel:    021-947-1540
Sel:    072-605-3513
E-pos: Sonja.conradie@sanlam.co.za

 

 

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address