Silhoeët

  • 0

Silhoeët

As my gehoor, sonder waarsku, die gees sou gee
Sal ek soek vir die lig wat jou skadu weggee.
As ellende als vervreem en my verblind
dan sal ek, met die roep van jou stem, vrede vind.

Want sonder my gehoor,
kan ek nog die wêreld saam met jou verken.
en selfs sonder my oë,
kan ek nog jou sagte gees herken.

Maar,
As die wye wêreld ons pad moet verduister
Kan my oë soek sonder trou
en nie vir jou sag stem luister;
waar elke klank weergalm en vergeefs verflou...

En as jou pyn die asem steel van jou sang
Waar die pyn my hart blindelings bekoor,
dan het my gehoor jou woorde in die donker verloor;
en sal doodsangs na jou sagte gees verlang.

so al kan ek nie als vir ewig met my mag verrig
sal ek, vir ewig als doen in my vermoë, om die pyn te verlig.
want ek besef, soos wat jy hier langs my lê
jou aanwesigheid is al wat ek wil hê.
met jou diep gedagtes getwis
en my somber siel na vele nagte weer sal rus.

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top