SêNet-briewe | Letters

 
Scream pink!
Dinsdagmiddag die 7de Junie 2010 sit ek met soveel emosies, gedagtes, wraak, woede en woorde binne my vasgevang dis eintlik scary om te dink dat ek nog nie gecrack het nie en amazing hoe ek dit regkry om vir solank te cope met alles. Tien punte vir myself!!!!!!!

Ek is nou al raadop met alles en wragtig die poging om met myself te begin praat met Shania Twain wat oorverdowend in my oor gil ("it only hurts when I breath", praat van irony) is sweerlik die laaste opsie wat ek vir myself het om met als te try cope. Dinge is nie altyd so erg nie, ek meen party dae is dit letterlik asof ek on top of the world is en dan dae soos vandag slaan ek met alle emosies na benede en sukkel om selfs net ’n silla klaar te rook. Die lewe van ’n moffie darem. Jip, reg gelees: ek het die “m”-woord hardop gesê: MOFFIE! Of altans getik. Ja, ek tik maar stadig want soos wat ek vandag voel kan ek nie juis vinnig lees nie. Persoonlike grappie.

 Met al die woorde binne my, waar begin ek? Dis nou nie asof ek ’n walking and talking Oxford en HAT is nie, maar ek het darem genoeg woorde in my woordeskat om myself mee te entertain en soms ander mense te laat nadink oor wat ek presies gesê het. Ja, ja, ja, dis seker nou maar een van ons skattas se swak punte en dis om te brag as ons weet ons kan iets doen en o ja FYI daar is ’n paar woorde hier wat wie ook al die gedagtes van my gaan lees nie sal verstaan nie maar in my semi-professional status sal ek verduidelik soos wat ek aangaan. Who cares tog of ’n boek so geskryf word - dis nie asof die geskribbel ooit ’n band om gaan kry en of my gesig agterop sal pronk met ’n paar wyse woorde van die skrywer af maar wie sê ek mag nie droom nie?

Drome, ek dink dis nogal ’n goeie topic om mee te begin. Als wat ek hier skryf is maar net dinge wat in my lewe aan die broei is en everybody is entitled to my opinion. So ja, terug by drome: is dit nie amzing hoe ons as mens tog ons hele bestaan om drome bou? Dink net van so vroeg af as wat jy kan terugdink, even toe ons almal nog snotneuskindertjies was, het ons almal gedroom as ek groot is wil ek ’n brandweerman wees en ook in die rooi brandwa ry of  ’n juffrou wees wat vir die kinders klas gee en huiswerk uitdeel tot reality inskop en ons op skool sit en dan besef ons eintlik die juffrou-ding was eintlik ’n riller want vir 12 jaar het hulle ons gemartel met hope huiswerk. Memo to anyone wat die boek ooit sal lees: help jou kinders om nie te droom van om ’n juffrou te word nie!

Maar ernstig nou: drome vir my as persoon iets amazing buiten nou die drome en ideale wat ons vir onsself het, praat ek ook van die wat ons in die nag beleef.

Dis asof die brein besluit het dis nou movie tyd en of jy nou wil of nie droom sal jy droom, kind of pushy van die brein as ’n mens so daaraan dink, but let’s face it - van die drome is die moeite werd (nou nie die drome waarvan meeste hormoonversteurde jong seuns van praat nie) maar lekker nice drome - daai tipe van jy het genoeg geld om die hele wêreld van starvation te red, asof enige iemand in sy eie right set of mind dit sal doen. Ek meen hello mense daar is ook goed soos Prada en Armani te sprake. Hahahahaha nee ek is nie so heartless nie ek sal seker ’n donasie of twee maak om die minderbevoorregtes te help! Maar anyway, ’n mens het die fantastiese ability om enige iets in jou drome te wees. Asof jou brein weet hy moet jou happy places wys sodat jy kan detox van al die train smashes en buskaartjies in jou lewe.

Think happy thoughts, find your safe warm place.

En dan ook soos ’n onverwagse nat poep in die middel van ’n kerkdiens kry ons ook daai sluwwe nagmerries! Hoekom juis nagmerries? Ja, die woord nag sê vir my omdat dit gebeur as jy snoesig snags lê en slaap maar my here bets wat het ’n merrie met die hele affair te doen? Het een of ander ou profeet gedroom dat ’n zolgegoëlde bloedbelope perd het hom in die duister rond gejaag en uit alle angs wakkergeskrik en geskreeu: "Dis ’n merrie, dis ’n nagmerrie?" Just a thought, people, use it, don’t use it! But face it, van die goed wat die brein darem kwytraak vir drome laat my soms wonder of hy wat brein is nie skelms ’n jiffy rook tussen een en twee, want seriously die ander aand droom ek dat vir een of ander amusante rede die 2010 sokkerwêreldbeker die einde van ons as mens se bestaan gaan wees soos wat ons dit ken julle weet soos ’n Armaggedon! Of dalk was dit net ’n premonition.

As dit wel so gaan wees, dan wil ek net graag die oomblik neem om vir al die buitelanders te sê alle heil en slangspoeg vir julle, want ek wat ’n local is, lekker burger van die land, is raak nou al mooi fed-up vir vuvuzela’s en geel T-hempies! Die hele rainbow nation gaan soos ’n epidemie van gif appeltjies lyk by die grand opening van die hele gedoente maar ek moet bieg en sê ek is pro-patrioties en dink dis regtig amazing hoe ’n nasie wat so baie innerlike konflik het alle verskille opsy kan skuif en vir die hele wêreld wys if push comes to shove kan ons ook united staan! LADUMAAAAAA! So kortliks opgesom bekyk jou drome van altwee kante af who knows wat hulle eintlik beteken.

Demi

Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
Duitswester
2012-05-15 @01:09

Dag Demi,

ek dink jy is een van die bitter min skrywers hier wat nie 'n crash-tackle van die windmeul  weg het nie.  Obviously is ek die ander een.

Duitswester


 

   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address