Resensie: ... miskien by die Baxterteater

  • 0

Miskien handel oor twee vriende wat vasgevang is in ordinêre lewens en redelik tragiese lewenstyle. Pretorius se karakter woon saam met sy meisie wat nooit tuis is nie en elke jaar sy verjaarsdag vergeet. Lombaard se karakter is nie veel beter af nie, aangesien hy jare laas in 'n ernstige verhouding was en deesdae doodtevrede is met vinnige seks met naamlose vrouens.

Lombaard se karakter ondergaan 'n uitgerekte worsteling as mens kyk na die berg papiere wat al op vorige geleenthede oopgevou en weggesmyt was. Sy worsteling is direk gekoppel aan, en as gevolg van, sy vriend (Pretorius se karakter), wat aanvanklik die worsteling weerstaan, maar tog vang die eensaamheid hom op en is sy begeerte vir aandag en bevestiging groter as sy vrees vir homoseksualiteit.

Tara Notcutt, Albert Pretorius en Gideon Lombaard is besonderse kunstenaars en akteurs en al drie het hulle al in hulle persoonlike hoedanigheid bewys as meesters van hulle werk. Miskien bevorder egter nie hierdie stelling nie. Alhoewel die teks eenvoudig en sonder enige tierlantyntjies is, wat gewoonlik waardeer word, is daar nie veel meer aan die teks en storie as eenvoud nie. Pretorius en Lombaard lewer egter steeds sensitiewe spel. Miskien was ses jaar gelede, toe hierdie kunstenaars pas uit die universiteit gekom het, 'n gepaste debuut in die bedryf, maar hulle is deesdae tot veel meer in staat.

Miskien is tans op die planke tot 27 September by Baxter se Golden Arrow Studio. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.


 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top