Rate hom met Renata: Pienkvoet en Hie' sit die manne

  • 0

"Rate hom met Renata" doen dit weer! Leon Kruger vertel vir Renata in sy eie woorde wat dit beteken om 'n pappa te wees (Jy wil die kind teruggee! Jy kan nie! Jy het die kind hartstogtelik lief!) en ook wat manne, in alle privaatheid, vir mekaar om die braaivleisvuur sê. Kyk hierdie video en dan gaan kyk jy sy vertonings – by die US Woordfees 2015.

Hie’ sit die manne
Teks en regie: Leon Kruger
Met Deon Lotz, Waldemar Schultz en Brendon Daniels
Drie manne braai en kyk rugby. Altyd gewonder waaroor manne om ’n vuur gesels? Hul vrouens? Ander vrouens? Werk? Seks? Dit lyk na ’n normale Saterdagmiddag tussen vriende, maar dan begin die wiele afkom. Die manne rafel uit, bieg en vertel mekaar goed wat niemand mag weet nie. ’n Mens sou kon sweer hulle is weerloos eerlik. Dan raak dinge regtig deurmekaar. Om alles te kroon daag Ronel op en dinge raak nog meer deurmekaar. Die Afrikaanse man soos jy hom nog nooit gesien het nie.
7 Maart 17:00 | 14 Maart 13:00 | 15 Maart 20:30 | Drostdy Teater | 75min | R120 | Geen 0/14 T

Pienkvoet
Teks en regie: Leon Kruger
Met Chanelle de Jager en Paul du Toit
En toe is julle drie. Na nege maande het julle Pienkvoet gearriveer. Julle’t al die boeke gelees, die internet vir slaggate gefynkam en jul ore vir al wat raad is gespits, maar niks kon julle voorberei op die totale aanslag van ’n eersteling nie. Na die eerste ses weke besef jy jy het ses weke laas geslaap en wonder of die hospitaal dit sal oorweeg om die wonderwerkie terug te neem. Maar nes jy breekpunt bereik wanneer jy een middernag hande viervoet deur die trane die kind smeek om te slaap, smile sy vir jou. Nou wat nou? As jy ’n ouer is, sal jy weet waarvan ons praat en as jy dit oorweeg of sommer wonder waaroor al die bohaai van ouerskap is, is die skreeusnaakse sketskomedie, Pienkvoet, net vir jou.
7 Maart 10:00 | 8 Maart 20:30 | 9 Maart 15:00 | Drostdy Teater | 75min | R120 | Geen 0/14

Hier is die volledige program van US Woordfees 2015.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top