Perdebytjie se ongeloofsbelydenis

  • 0

Pragtig! Bravo! Ek was skoon aangedaan!

Ek het veral gehou van jou verwysing na die kettings wat jou gebind het, want as daar een ding is wat ek wragtig nog nooit kon kleinkry nie, is hoe Christene kan beweer hulle is “vry”? Vry van wát? Vroeg opstaan en gaan werk? Nee. Siekword? Nee. Pyn, smart en dood? Nee, allermins. Dinges aanjaag en die gevolge daarvan dra? Nee, geensins, hoegenaamd nie. Vrees vir die hel? Miskien, ja, maar dan moet jy eers in die hel glo om vry daarvan te voel.

Siestog, dit moet inderdaad verskriklik wees om jou lewe lank onder die geite gebuk te gaan en nooit ware vreugde en vrede te smaak nie.

Oom Daan

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top