Ontvangs

  • 0

laat laasjaar verskyn die band
soos ’n blanko tjek
en nou vroeg deser op hoër draadloos
(maar ook soms radiohoer)
hoor ek die snak van vars gedagtes
so driftig en deurlugtig bespreek
die professor die digter
en die dinamika van ryke
en dyke in die woestyn

die bundel word bekyk soos ’n kaart
dit dek die geheue en afkoms en status
quo en mag en mening in tuis- en tosland
ook die kunstenaar se agterbene
val op
dis ’n uit- en afgemete gepraat
die tyd is onder druk
ek moet my inspan om te wees
en hou die deelname van die individu
aan kollektiewe konsumpsie voor oë
sowel as die plek van vervreemding in die verskuns

buite bal die eter kleiner saam as ooit

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top